Chris de Burgh, ‘S­pa­nish Train’ en G­re­tha Wi­id

Beeld - - Kommentaar - An­ne­ma­rie van der Walt

Hoe mis ek daar­die dae van tin­te­len­de to­ne en skoen­lap­pers . . .

‘Hoe meer din­ge ver­an­der, hoe meer bly dit die­self­de,” sug my ge­leer­de vrien­din oor ’n kop­pie cap­puc­ci­no waar­van die room oor die kan­te ge­spoel het. Ek wag, want dis nie haar aard om met sul­ke hol­rug­ge­ry­de ge­seg­des vo­ren­dag te kom nie. “Dink jy,” my­mer sy dan ver­der, “G­re­tha Wi­id luis­ter soms na ‘S­pa­nish Train’? Ag­ter­ste­voor? Net om in die gees te kom vir ’n vol­gen­de praat­jie?”

Só mal is sy se­ker­lik nie, meen ek. En is die kor­rek­te term nie eer­der “te­rug­speel” nie? Sal ook nie weet nie, want al het ons doe­rie tyd hoe hard ook al ge­luis­ter, kon nie­mand lek­ker hoor wat Be­ël­se­bub skyn­baar ge­pre­dik het by mon­de van die ar­me Chris de Burgh nie.

Al wat ge­beur het, is dat die een wie se lang­speel­plaat dit was, so de din­ges in ge­raak het oor die krap­pe­ry dat me­ni­ge vriend­skap op ’n ga­ra­ge-paar­tie in die hek ge­duik het.

“En die groot­ste i­ro­nie,” sê my wy­se vrien­din, “is dat ons dit nooit sou pro­beer as Rod­ney Se­a­le dit nie so klok­slag on­der ons aan­dag ge­bring het nie.”

Eens­klaps is ek te­rug in die een of an­der saal­tjie ty­dens die een of an­der skool­kamp of veld­skool– dit was al­tyd koud en trek­ke­rig in daar­die sa­le, maar ge­luk­kig was daar mos al­tyd ’n spre­ker wat die warm vuur in ons har­te wou aan­blaas.

“Het jy ge­weet,” nou druk my speel­se vrien­din haar vin­ger so diep in die room dat ’n man aan die oor­kant­ste ta­fel nie weet waar om te kyk nie, “dat ein­ste Se­a­le steeds praat­jies maak? Jam­mer dis te laat vir jou twee tel­ge, want hy ad­ver­teer ’n werk­ses­sie so­dat jy bin­ne se­we dae ’n nu­we tie­ner kan hê. In­druk­wek­kend, nè? Maar nie so ver­rei­kend soos die sin­ne­tjie nie wat sê hy het al 900 000 tie­ners se le­we ge­raak . . .”

Om te dink my sprui­te is, o skan­de, uit­ge­sluit by dié ge­tal. Ge­se­ënd is hul­le ook dat me. Wi­id se kam­pe al­tyd ge­bots het met gim­nas­tiek­klas­se of net­bal­wed­stry­de, of nie in­ge­pas het op ons ka­len­der tus­sen Op­pi­kop­pi en Rocking the Dai­sies nie.

Ter­wyl ek ook nog won­der wat het toe van die han­ger­tjie met die skoen­lap­per ge­word na­dat ek dit spe­si­aal gaan koop het om­dat Se­a­le en die do­mi­nee en die skool­hoof en die Kin­der­krans­tan­nie daar­teen ge­waar­sku het – waar wás hul ge­dag­tes?! – skuif my skalks vrien­din haar foon on­der my neus met ’n uit­no­di­ging na die Mix-en-Fix Ho­ër­skool­kamp (sic) op me. Wi­id se web­werf, in haar eie woor­de:

Moe­nie die ge­leent­heid mis­loop nie! AL­LES oor ver­hou­din­ge, keu­ses en pêl­le. En na­tuur­lik moet ons praat oor die me­dia se in­vloed op jou le­we en sie­ning oor seks, lief­de en ver­hou­din­ge. Ek be­lo­we, dis die bes­te be­leg­ging in jou vrou­wees en man­wees! Kom kui­er tot jou to­ne tin­tel en die but­ter­flies in jou maag moeg is!

“Is dit net ek,” vra my vrien­din met die­pe erns, “maar klink Wi­id nie baie soos daai an­der goed wat ’n mens mix wat jou fix nie?

“Hoe mis ek daar­die dae van tin­te­len­de to­ne en skoen­lap­pers . . .”

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.