Wat is die erg­ste in Suid­A­fri­ka, ras­sis­me of moord?

Beeld - - Kommentaar -

A­let En­gel­brecht, Bloem­fon­tein

Is dit er­ger om ’n ras­sis te wees as om haat­dra­end en moord­da­dig te wees?

In Suid-A­fri­ka blyk ras­sis­me die erg­ste te wees. As be­wys kan word dat wit men­se ras­sis­ties is, blyk dit jy het ede om hul­le te haat en te ver­moor.

Ek is ’n ge­wo­ne mid­del­klas­Suid-A­fri­ka­ner wat in ’n boer­de­ry­ge­meen­skap op die plat­te­land groot­ge­word het. Ek ver­staan so ’n bie­tjie van die ge­wel­di­ge frus­tra­sie en woe­de wat die men­se daar er­vaar.

Die ANC-be­heer­de mu­ni­si­pa­li­tei­te het die plat­te­land oor

20 jaar leeg ge­stroop.

Die ver­val is o­ral sig­baar. Al wat oor­ge­bly het, is ’n die­pe wan­troue en min­ag­ting on­der die men­se wat hier ’n be­staan pro­beer voer.

Ry jy op die N12 van Jo­han­nes­burg na Kim­ber­ley of op die N14 deur Lich­ten­burg, San­nies­hof en De­la­rey­vil­le na Vry­burg, wil jy huil oor die ag­ter­uit­gang.

Daar is meer slag­ga­te as pad. Die sa­ke­on­der­ne­mings van vroe­ër be­staan nie meer nie, win­kel­ei­e­naars kom nou van ver­re lan­de. Diens­le­we­ring be­staan nie meer nie. Die po­li­sie is nie in staat om mis­daad te on­der­soek of te be­kamp nie. In dié om­stan­dig­he­de moet men­se wat al de­ka­des in die om­ge­wing bly ’n le­we pro­beer maak.

Dui­sen­de men­se bly om die dor­pies. Die mees­te het nie werk of ’n in­kom­ste nie. Die ANC het dié men­se in die ver­le­de as sy stem­vee ge­bruik.

Nou is dié men­se ar­mer, hul­le is kwaad en wend hul­le tot dief­stal en mis­daad om aan die le­we te bly.

En wie tei­ken hul­le?

Aan die an­der kant het wit men­se lank­al moed op­ge­gee om goeie ver­hou­din­ge te hand­haaf.

Hul­le is moe­de­loos, uit­ge­le­wer, woe­dend, ha­tig. Hul­le be­taal be­las­ting, maar kry niks in ruil daar­voor nie. Hul­le word ge­dreig, we­ten­de dat die po­li­sie hul­le nie goed­ge­sind is nie.

So spar­tel el­ke ou net vir sy eie oor­le­wing. En ras­sis­me word ge­pleeg waar men­se die mees­te be­dreig en weer­loos voel.

In die ste­de is dit mak­li­ker. Jy het keu­ses. In die ste­de is ons meer be­mag­tig deur­dat or­de en re­spek nog die bo­toon voer.

Hier le­we ons ge­mak­li­ker met me­kaar saam, ver­staan me­kaar en re­spek­teer me­kaar.

As jy nie hou van ie­mand se ma­nier van doen nie, gaan kui­er en so­si­a­li­seer jy op ’n an­der plek. Op die plat­te­land het men­se nie daar­die keu­se nie.

Die wê­reld om jou is jou e­nig­ste wê­reld. Om dan toe te kyk hoe jou mens­wees mis­ken en jou ei­en­dom ver­nie­tig word, skep ’n oor­wel­di­gen­de ge­voel van mag­te­loos­heid, woe­de en haat. Só word ras­sis­me dan die uit­laat­klep.

Die ant­woord is nie om me­kaar die skuld te gee nie.

Die ant­woord is nie om wit men­se vir al­les te bla­meer nie.

Swart men­se en hul lei­ers moet ook ver­ant­woor­de­lik­heid aan­vaar vir die haat­spraak wat die af­ge­lo­pe 20 jaar toe­ge­laat is en roe­ke­loos ge­bruik word. Dit het die plat­te­land­se kruit­vat in Noord­wes aan die brand ge­steek. Ras­sis­me is deel van die pro­bleem. Is on­ver­draag­saam­heid oor an­der en geen ver­ant­woord­baar­heid een van die oor­sa­ke daar­van?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.