Ver­tel ook die goei­e­nuus­sto­ries

Beeld - - Kommentaar - Da­wie Ja­cobs, P­re­to­ria

Die skry­wer Ka­rel S­choe­man het sy he­le boe­del aan sy swart huis­wer­ker en haar sus­ters­kind na­ge­laat.

El­ders was ’n wit boer be­sig om sy be­sit­tings te pro­beer red uit sy bran­den­de plaas­huis toe twee swart boe­re op­daag en hul hulp aan­bied.

Dit is nie ge­ï­so­leer­de ge­val­le nie, maar tra­gies haal sul­ke goei­e­nuus­sto­ries oor kul­tuur­gren­se heen nie al­tyd die nuus nie.

Ek hou nog reg­deur vol daar is nog wyd­ge­sprei­de wel­wil­lend­heid on­der al ons men­se.

On­lang­se stu­dies het be­ves­tig dat ras­se­ver­hou­din­ge baie be­ter is as wat al­ge­meen ge­glo word.

Dis jam­mer dat men­se neig om op die ne­ga­tie­we te fo­kus te mid­de van so­veel po­si­tie­we sto­ries en hou­dings om ons.

So­ver ek weet, oor­heers po­si­tie­we in­ter­ak­sie met my land­ge­no­te die ne­ga­tie­we ver­re­weg.

Die in­wo­ners van Suid-A­fri­ka het baie meer in ge­meen as dit wat ons kuns­ma­tig on­der­skei – ons moet net meer be­wus van me­kaar wees en uit­reik na land­ge­no­te om ons. Wê­reld­bur­gers met ’n breë en in­klu­sie­we wê­reld­sie­ning wei­er ge­na­dig­lik om mee­ge­sleur te word deur den­ke wat ge­lei het tot die Twee­de Wê­reld­oor­log.

Ka­rel S­choe­man

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.