Roo­se­velt­park se brand­weer be­kom­mer ons

Beeld - - Kommentaar - Jo­han Pie­ter­sen, Lin­den

Na­dat ’n 81-ja­ri­ge per­soon on­langs in sy meent­huis in Lin­den dood­ge­brand het, wil ek weet: Wat het die af­ge­lo­pe ses jaar by Roo­se­velt­park se brand­weer­sta­sie ver­an­der?

Twee brand­weer­wa­ens het on­ge­veer ses jaar te­rug by ons bu­re se bran­den­de huis op­ge­daag son­der wa­ter in hul tenks. Na­dat hul­le die brand aan­vank­lik met tuin­slan­ge pro­beer blus het, het hul­le ’n brand­slang aan die brand­kraan voor ons kom­pleks ge­kop­pel en die brand kort daar­na ge­blus. In­tus­sen het die huis en als bin­ne-in ver­as.

As hul­le met die reg­te toe­rus­ting en wa­ter op­ge­daag het, sou die ska­de mi­ni­maal ge­wees het.

Die DA, wat ons stad nou saam met an­der op­po­si­sie­par­tye be­heer, be­hoort aan­dag aan die te­kort­ko­mings by Roo­se­velt­park se brand­weer­sta­sie te gee. Men­se se le­we hang daar­van af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.