Kyk ook na die tuis­lan­de

Beeld - - Kommentaar - F­ree­sia Gaie, Cen­tu­ri­on

As die re­ge­ring werk­lik daar­toe ver­bind is om arm swart men­se se lot deur grond­her­vor­ming te ver­be­ter, hoe­kom word daar nie ook na die grond in die voor­ma­li­ge tuis­lan­de ge­kyk nie?

Hoe­kom word dié grond nie aan­ge­wend vir land­bou­doel­ein­des en grond­her­vor­ming nie?

Mil­joe­ne men­se se le­we kan hier­deur ver­be­ter word en boon­op kan dit by­dra tot e­ko­no­mie­se groei.

Tans word daar net ge­fo­kus op be­staan­de land­bou­grond, ter­wyl 17,2 mil­joen ha grond met mas­sie­we land­bou­po­ten­si­aal in die voor­ma­li­ge tuis­lan­de on­be­werk lê.

Hier swaai tra­di­si­o­ne­le lei­ers en so­ge­naam­de ko­nings die sep­ter en ver­ryk hul­self uit hier­die hulp­bron­ne. Hou die ANC en die EFF hul­le op­set­lik blind vir dié waar­heid?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.