Wat sê jy? Stuur ’n SMS na 45571

SMS’e met die naam en plek van die skry­wer kry voor­keur. SMS’e son­der ‘n naam of skuil­naam word nie oor­weeg nie.

Beeld - - Middelblad -

Die SAKP (Suid­A­fri­kaan­se Kom­mu­nis­tie­se Par­ty) neem nie soos an­der par­tye on­der hul eie naam in die o­pen­baar aan ver­kie­sings deel nie. Hul­le skuil al­tyd ag­ter die ANC se roks­pan­te om hul le­de ver­kies te kry. Waar­om? Is dit nie on­e­ties nie? – Hans Re­tief, P­re­to­ria

Die ANC be­leef tans ’n ca­tch 22­si­tu­a­sie: Hoe lan­ger p­res. Zu­ma bly, hoe meer sal die par­ty verswak word deur bin­ne­ge­veg­te, ont­mas­ke­ring van kor­rup­sie en toe­ne­men­de ver­lies aan ge­loof­waar­dig­heid en steun. As Zu­ma ver­wy­der word, skeur die par­ty en sal daar on­mid­del­li­ke kon­flik in sy steun­ba­sis volg, wat hom in elk ge­val erns­tig of nood­lot­tig gaan wond as die meer­der­heids­par­ty. – C­harl, P­re­to­ria

Ek het al so baie ge­smeek vir hulp vir Trans­net­pen­si­oen­trek­kers. Wie gaan ons help? Ek gaan ook sterf, soos tal­le an­der voor my, voor­dat ie­mand tot ons red­ding kom. In­tus­sen steek Trans­net al die geld in hul sak­ke. – Hen­nie, Trans­net­pen­si­oen­trek­ker

Fi­ki­le M­ba­lu­la moet eers on­der­soek in­stel na wie die hoof­voor­sie­ners van on­wet­ti­ge wa­pens is aan mis­da­di­gers. Hy sal ag­ter­kom dit is sy eie de­par­te­ment. Stel eers dit reg, dan kan hy wet­ti­ge wa­pe­n­ei­e­naars ta­kel. – An­dré, P­re­to­ria

Fi­ki­le M­ba­lu­la het Suid­A­fri­kaan­se sport op­ge­foe­ter, nou wil hy as nu­we mi­nis­ter van po­li­sie ook ver­der kar­ring met die bur­gers se reg om ’n wet­ti­ge wa­pen te be­sit. – E­tien­ne, Kemp­ton Park

As die staat my kan waar­borg dat daar geen on­wet­ti­ge vuur­wa­pens in die om­loop is nie, sal ek dit moont­lik oor­weeg om my wet­ti­ge wa­pen in te han­dig. – Self­ver­de­di­ging

Wees stren­ger met die be­sit van vuur­wa­pens. Dan sal al die moor­de ver­dwyn. – Cor­rie, Po­lo­kwa­ne

Dit lyk vir my dit gaan in A­me­ri­ka net soos in Suid­A­fri­ka. Do­nald Trump doen die­self­de as Ja­cob Zu­ma. As din­ge vir hom te warm raak, dank hy net af, soos Ja­mes Co­mey en Mi­ke Lee. Ek hoop die op­na­mes word op­ge­spoor en lig ge­werp. – Pat­sie Gro­bler, Sett­lers

Ek ver­wys na I­zak

S­mal­man en Ga­tiep van Pot­chef­stroom se brie­we oor Max du P­reez (17.5). Joer­na­lis­te is goeie men­se, maar as ’n na­vor­ser in straf­reg­te­li­ke regs­ple­ging is ek soms baie skep­ties oor die in­te­gri­teit van nuus. Daar­om koop ek ge­woon­lik meer as een nuus­blad vir kruis­ve­ri­fi­ë­ring. Daar sal al­tyd uit­ge­spro­ke joer­na­lis­te wees. – Prof. P.J. Pot­gie­ter, Em­pan­ge­ni Ek lees ge­reeld die po­li­tie­ke kom­men­taar in die koe­rant. Daar is na my oor­deel drie skry­wers wat re­spek af­dwing met hul uit­son­der­li­ke in­sig ten op­sig­te van po­li­tie­ke sa­ke. Hul­le is R­ho­da Ka­da­lie, R.W. John­son en Ri­an Ma­lan. – Ger­rie, P­re­to­ria

Toe ek ver­le­de jaar in Kaap­stad ’n draai by die blom­me­ver­ko­pers maak, spreek ’n jon­ge­ri­ge vrou my aan as “Mêr­rim”. Toe ek haar daar­op wys dat sy dit nie meer hoef te doen nie sê sy: “Mêr­rim, dis uit re­spek­te”. – Ger­ki, P­re­to­ria

Aan die­ge­ne wat Max du P­reez sal wil teer en veer oor sy ru­briek oor Co­li­gny, ont­hou die uit­druk­king “As die skoen pas . . .” Ras­sis­me op die plat­te­land is a­li­ve and well. – I­sa­bel, Be­no­ni

Ni­ël van Vuur­en se spot­prent oor die Zu­ma­ji­ve (17.5) is so goed ge­doen, ek kon selfs die ge­sing hoor! – S­tie­nie

Ag nee, Tshwa­ne!

Waar ek in die ver­le­de

’n mu­ni­si­pa­le re­ke­ning per e­pos, per SMS en slak­ke­pos ont­vang het, kry ek die laas­te paar maan­de niks nie. As jy na kli­ën­te­diens toe gaan om ’n re­ke­ning te kry, slaan die ge­skat­te wa­ter­re­ke­ning jou a­sem weg. Ons vul­lis word ook nie ver­wy­der nie. Waar­voor be­taal ons? – Moe­de­lo­se Faan

Prof. Chris­ti­na Land­man ver­al­ge­meen deur te sê sy dink aan al­mal in die ge­van­ge­nis om­dat hul­le nie sterk groot­ge­maak is en mo­reel kon­se­kwent is nie. Ek is goed groot­ge­maak en ek ry el­ke dag met So­lo­mon Mahlangu­ry­laan. Dis net ge­na­de van bo dat ek nog nie in die ver­keer­de bui was en ’n taxi of 4x4­be­stuur­der aan­ge­rand het nie. – An­na, Lynn­wood

Is gods­diens in die skool op­voe­ding of in­dok­tri­na­sie? Leer die kin­ders van al­le gods­diens­te, in­slui­tend a­te­ïs­me of los dit vir jou kerk. – T­ja­ka Eras­mus

Wan­neer ek in die tou staan om aan boord te gaan van ’n vlieg­tuig en daar is oor­ge­wig men­se in die ry dink ek: Ek hoop nie jy sit langs my nie. Ek is al ty­dens ver­skeie vlug­te in ’n hoe­kie van my be­taal­de sit­plek vas­ge­druk om­dat die an­der helf­te deur die buur­pas­sa­sier be­set is. – Lee, Kemp­ton Park

Lug­diens­te weet oor­ge­wig men­se moet ook vlieg. Ver­vang van die sit­plek­ke met “plus­groot­te”­sit­plek­ke vir groter men­se en ver­skaf waar­dig­heid aan al­le pas­sa­siers. – S­tel­la

Dit is voor­heen be­ken­de san­gers se ou laai om sorg­sen­trums te tei­ken on­der die vaan­del van ’n “gra­tis” ver­to­ning. Dis net ’n slen­ter om ’n CD of twee te ver­koop en mis­kien gra­tis koek, tee en an­der eet­goed te ge­niet. – Jim­my

Die WP/S­tor­mers het ook maar tel­ke­ma­le voor leë pa­vil­joe­ne op Nu­we­land ge­speel. Hul­le is ook ver­skeie keer deur hul “mooi­weer­on­der­steu­ners” ge­boe. Op Lof­tus weet ons nou al vir vier sei­soe­ne daar is fout, maar die meer­der­heid van ons on­der­steun steeds die Bul­le. Gert, dit is mak­lik om van­uit i­voor­to­rings te praat oor “mooi­weer­on­der­steu­ners” in P­re­to­ria. – Jo­han Kot­ze, P­re­to­ria

Do­nald Trump

Ni­ël van Vuur­en se spot­prent.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.