Goeie Nuus

Vra God om te ont­hou

Beeld - - Middelblad - – S­te­phan Jou­bert

Die boek Klaag­lie­de­re da­teer van die tyd toe die Is­rae­lie­te te­rug­keer na Je­ru­sa­lem ná uit­ge­rek­te ge­van­gen­skap in Ba­bi­lon.

Hul ge­lief­de stad is ver­nie­tig en die le­wens­om­stan­dig­he­de hier is hag­lik. Van al­le kan­te word hul­le ver­druk en ver­ne­der.

Die skry­wers van Klaag­lie­de­re stoei dan met die vraag of God klaar is met sy volk. Hoe­kom al hier­die wreed­he­de en sin­lo­se ver­nie­ti­ging?

Te mid­de van sul­ke moei­li­ke vrae sien hul­le da­rem nog ’n paar spo­re van hoop. Ver­al Klaag­lie­de­re 3 ge­tuig hier­van. Hier hoor ons dat God se ont­fer­ming el­ke dag vars en nuut is. Hy skryf nie sy men­se af om­dat die wê­reld hul­le ver­rin­ne­weer nie. In die don­ker skyn daar steeds lig – God s’n.

Die ver­druk­te volk van God is nie uit­ge­slaan nie, al lyk dit so. Hul­le kan Gods steeds in sul­ke hag­li­ke om­stan­dig­he­de God vra om hul­le te ont­hou.

Ons kan ook. Ons moet in ons don­ker­ste tye na Hom vlug en Hom smeek om ons in ge­na­de raak te sien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.