Ha­sie en S­kil­pad kyk wie Mo­le­fe kan keer

Beeld - - Middelblad -

Die ANC en die DA het in vol­le vaart weg­ge­spring om te kyk wie B­ri­an Mo­le­fe se her­aan­stel­ling eer­ste kan om­keer. Die ANC is in ge­sprek met sy eie re­ge­ring en die DA – met sy ki­taar wat net een snaar het – deur die ho­we. Wie uit­ein­de­lik Ha­sie en wie S­kil­pad gaan wees in die wed­ren sal ons eers sien wan­neer die stof­wol­ke van die weg­spring gaan lê. Met die ANC se o­pen­ba­re teen­kan­ting teen die E­s­kom­ver­gryp om Mo­le­fe weer aan te stel, het dit am­per ge­klink as­of die par­ty nou deel is van die groei­en­de al­li­an­sie van po­li­tie­ke par­tye en bur­ger­li­ke or­ga­ni­sa­sies wat die re­ge­ring van p­res. Ja­cob Zu­ma teen­staan.

Die vraag is of Zu­ma hom e­nig­sins aan die ANC gaan steur, wat die DA in die bin­ne­baan plaas. Ver­al nou­dat ’n drin­gen­de hof­aan­soek in­ge­dien gaan word.

Wat ook al ge­beur, die aan­stel­ling is een van die mees op­por­tu­nis­tie­se kor­rup­sie­da­de tot nog toe – wat Lyn­ne Bro­wn klaar­blyk­lik nie eens snap nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.