Ten­cent se wins styg, stoot Nas­pers se aan­deel­prys op

Beeld - - Sake - – Vi­da Booy­sen

Nas­pers se aan­deel­prys het gis­ter­og­gend ga­lop ná goeie nuus oor Ten­cent, die in­ter­ne­treus waar­in Nas­pers ’n 34%­be­lang het.

Nas­pers se aan­deel­prys was vroeg­og­gend so­wat 3,6% ho­ër op R2 732 voor­dat dit la­ter ef­fens te­rug­ge­sak het.

Dit kom dank­sy die ste­wi­ge sty­ging van 58% in die kwar­taal­wins van Ten­cent, C­hi­na se voor­ste spe­le­tjies­ en so­si­a­le­me­di­a­maat­skap­py. Ten­cent het ook ’n groot e­han­del­af­de­ling.

Dié groei is dank­sy die toe­na­me in aan­lyn spe­le­tjies, be­taal­diens­te en ad­ver­ten­sies wat in die kwar­taal tot ein­de Maart by Ten­cent plaas­ge­vind het.

Die kits­bood­skap­diens WeC­hat, wat in die res van die wê­reld teen Fa­ce­book se W­hat­sApp mee­ding, wen veld. Saam met sy C­hi­ne­se weer­ga­we, Weix­in, het die ge­mid­del­de ge­tal maan­de­lik­se ge­brui­kers met 28% tot 889 mil­joen ge­styg. Op sy eie het Weix­in se ge­tal ge­brui­kers met net 2% ge­groei.

Die C­hi­ne­se maat­skap­py se aan­lyn spe­le­tjies, ver­al die ge­wil­de Ho­nour of Kings, het meer as 1 mil­jard ge­brui­kers na WeC­hat en QQ ge­lok, vol­gens Bloom­berg.

Die tref­fer­spe­le­tjie is die app wat in Maart die mees­te af­ge­laai is en die hoog­ste ver­ko­pe in Ap­ple se iOs S­to­re be­haal het.

Net­to toe­skryf­ba­re wins vir die drie maan­de tot 31 Maart het tot

14,48 mil­jard yu­an ($2,10 mil­jard) ge­klim, ho­ër as die ver­wag­te 13 mil­jard yu­an.

Ten­cent se aan­deel­prys het van­jaar al re­kord­vlak­ke be­reik en met meer as 35% ge­styg.

Sy in­kom­ste vir die kwar­taal was 49,55 mil­jard yu­an, ver­ge­le­ke met 32 mil­jard yu­an ’n jaar te­vo­re.

Vol­gens Ma Hu­a­teng, voor­sit­ter en uit­voe­ren­de hoof van Ten­cent, be­plan die groep groot be­leg­gings in nu­we teg­no­lo­gie op die ge­bied van vei­lig­heid, wolk­diens­te, groot da­ta en die in­ter­net van din­ge (kuns­ma­ti­ge in­tel­li­gen­sie).

“Ons wil ook die mark­aan­deel en daag­lik­se tran­sak­sies op ons mo­bie­le be­taal­stel­sel aan­sien­lik uit­brei ter­wyl ons sa­ke­ge­leent­he­de vir ons ven­no­te skep.”

■ Nas­pers is die moe­der­maat­skap­py van Me­dia24, waar­van Net­werk24 ’n pro­duk is.

Die C­hi­ne­se in­ter­ne­treus Ten­cent het ge­help om Nas­pers se aan­de­le ’n hup­stoot te gee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.