‘Nee’ vir KitKat

Beeld - - Sake -

Die vier vin­gers van ’n KitKat is nie ken­mer­kend of on­der­skei­dend ge­noeg om ’n han­dels­merk te reg­ver­dig nie, het die B­rit­se ap­pèl­hof gis­ter be­vind.

Dit is die vier­de on­suk­ses­vol­le po­ging deur Ne­st­lé, wat KitKat be­sit, om han­dels­merk­be­sker­ming vir die be­ken­de sjo­ko­la­de te kry. KitKat is die eer­ste keer in 1935 in B­rit­tan­je deur Ro­wn­tree & Co. ver­koop. Die vorm van die sjo­ko­la­de het se­dert­dien baie min ver­an­der. Ne­st­lé, die wê­reld se groot­ste voed­sel­maat­skap­py, het Ro­wn­tree in 1998 ge­koop en be­sit die han­dels­merk van die vorm in die res van Eu­ro­pa.

Die aan­soek om be­sker­ming is in 2013 van die hand ge­wys na­dat Cad­bu­ry dit teen­ge­staan het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.