‘Ho­ër koer­se sal nie be­leg­gers lok’

Beeld - - Sake nuus -

Ren­te­koers­ver­ho­gings sal wei­nig help om be­leg­gings na SuidA­fri­ka te lok, sê Le­setja K­ga­ny­a­go, pre­si­dent van Re­ser­we­bank.

K­ga­ny­a­go, wat op 25 Mei sy eer­ste ren­te­koers­be­sluit sal aan­kon­dig se­dert S&P Glo­bal Ra­tings en Fitch se af­gra­de­rings in A­pril, het aan die aan­lyn pu­bli­ka­sie The Con­ver­sa­ti­on ge­sê die Re­ser­we­bank gaan by sy in­fla­sie­tei­ken van tus­sen 3% en 6% hou.

“Om die re­po­koers op sig­self te ver­hoog, gaan wei­nig doen om nu­we be­leg­gings te lok.

“Maar sou ons na­laat om die ge­vol­ge van die geld­een­heid se in­fla­sie-de­pre­si­a­sie te pak wat in­voer­pry­se en moont­lik al­le pry­se sal laat styg, sal die kos­te van skuld op kort en lang ter­myn styg, sê hy.

Prys­groei het in Maart tot 6,1% ver­lang­saam en vol­gens ’n Reu­ters-op­na­me word daar ver­wag die in­fla­sie­koers sal in A­pril tot 5,6% daal.

Die Re­ser­we­bank se mo­ne­tê­re­be­leids­ko­mi­tee het die ren­te­koers tot Maart op ses ag­ter­een­vol­gen­de sit­tings on­ver­an­derd ge­hou en die af­ge­lo­pe twee keer aan­ge­dui dat die si­klus vir ren­te­koers­ver­ho­gings – met 200 ba­sis­pun­te se­dert 2014 – waar­skyn­lik ten ein­de ge­loop het.

Ná die ka­bi­net­s­kom­me­ling waar­in Pra­vin Gord­han in die pad ge­steek is en die ge­volg­li­ke af­gra­de­rings van Suid-A­fri­ka se staat­skuld in bui­te­land­se geld­een­he­de, was daar druk op die rand en die in­fla­sie­koers weens ver­ko­pe van plaas­li­ke ba­tes deur bui­te­land­se be­leg­gers. Dit sal die moont­lik­heid van ’n ren­te­koers­ver­la­ging in die af­sien­ba­re toe­koms waar­skyn­lik kel­der.

Die mo­ne­tê­re­be­leids­ko­mi­tee ver­ga­der vol­gen­de week en sal sy be­sluit na ver­wag­ting Don­der­dag be­kend maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.