O­pul hou o­lie­kra­ne dalk nog ne­ge maan­de toe

Beeld - - Sake nuus -

Die Or­ga­ni­sa­sie vir Pe­tro­le­umuit­voer­lan­de (O­pul) het o­lie­han­de­laars van­jaar be­ïn­druk deur by­na deur die bank pro­duk­sie te ver­min­der, soos in No­vem­ber oor­een­ge­kom is.

Om die oor­een­koms, wat in Ju­nie ein­dig, te ver­leng in ’n voort­sle­pen­de po­ging om o­lie­pry­se te pro­beer op­druk, gaan aan­sien­lik moei­li­ker wees, re­ken die mees­te ont­le­ders.

Die ver­wag­ting is dat die 13 O­pul-lid­lan­de en 11 nie­lid­lan­de wat saam­ge­span het die oor­een­koms met ne­ge maan­de gaan ver­leng wan­neer hul­le vol­gen­de week in We­ne, Oos­ten­ryk, by­een­kom. Maar daar is ook ’n sterk ver­moe­de dat van die lan­de ’n bie­tjie sal kul deur pro­duk­sie stil­stil te ver­hoog.

“Dit gaan moei­lik wees om die oor­een­koms lan­ger toe te pas,” sê Mi­cha­el Bar­ry van FGE in Lon­den. “Die toe­pas­sing was merk­waar­dig. Met­ter­tyd sal dis­si­pli­ne waar­skyn­lik ver­min­der. Am­per el­ke land wil sy pro­duk­sie ver­hoog.”

B­rent-ru­o­lie, wat Sa­oe­di-Ara­bië en baie an­der lid­lan­de pro­du­seer, het gis­ter in Sin­ga­poer op $51,20 per vat ver­han­del. Dit is 0,9% la­er as die vo­ri­ge dag.

Dit toon die oor­een­koms kon nie die o­lie­prys tot $60 of selfs $70 per vat druk soos wat ge­hoop is nie – hoof­saak­lik om­dat pro­duk­sie ver­hoog is in die VSA se ska­lie­gas­vel­de.

Die wê­reld se o­lie­voor­raad bly op re­kord­vlak­ke.

Da­vid Fy­fe, hoof­e­ko­noom van die o­lie­ver­han­de­laar Gun­vor in S­wit­ser­land, sê die kans is goed dat die oor­een­koms wel ver­leng word – maar die ri­si­ko is ho­ër dat “hul­le ek­stra va­te op die mark sal laat uit­lek”.

En­ke­le ont­le­ders, soos Mi­ke Witt­ner van die bank So­cié­té Généra­le in New York, re­ken die aan­spo­ring om dit vol te hou is hoog ge­noeg. “As die o­lie­voor­raad be­gin ver­min­der, soos ons glo sal ge­beur, sal dié te­kens van suk­ses hul­le meer vas­be­ra­de maak.”

O­pul het vol­gens die In­ter­na­si­o­na­le E­ner­gie­a­gent­skap (IEA) 96% van die pro­duk­sie­ver­min­de­ring wat in die oor­een­koms uit­ge­stip­pel is in die eer­ste vier maan­de van­jaar in wer­king ge­stel.

Dit word eg­ter daar­aan toe­ge­skryf dat Sa­oe­di-Ara­bië pro­duk­sie met méér be­snoei het as wat hy moes om te ver­goed vir Irak en die Ver­e­nig­de Ara­bie­se E­mi­ra­te, wat pro­duk­sie nie heel­te­mal vol­gens tei­ken ver­min­der het nie.

Sa­oe­di-Ara­bië ver­hoog pro­duk­sie ge­woon­lik in die so­mer om­dat die plaas­li­ke vraag na brand­stof vir lug­ver­sor­ging toe­neem. As die land nie nou pro­duk­sie be­gin ver­hoog nie, gaan hy nóg bui­te­land­se in­kom­ste ver­loor.

Irak wil sy pro­duk­sie tot 5 mil­joen va­te per dag ver­hoog, 6% meer as tans, het sy o­lie­mi­nis­ter op 11 Mei ge­sê. Irak was van meet af aan on­wil­lig om pro­duk­sie te be­perk.

Ni­ge­rië en Li­bië, twee lid­lan­de wat kwyt­ge­skeld is van die oor­een­koms, gaan in­tus­sen voort om pro­duk­sie te ver­hoog. Li­bië pro­du­seer nou die mees­te o­lie in meer as twee jaar na­dat sy groot­ste o­lie­veld her­o­pen is. Ni­ge­rië het ’n pyp­lei­ding her­stel wat ’n jaar lank stuk­kend was en dit al­leen kan sy pro­duk­sie met 13% laat styg.

Die 11 nie-O­pul-lid­lan­de het vol­gens die IEA hul pro­duk­sie met net na­ge­noeg 66% van die oor­een­ge­ko­me hoe­veel­heid ver­min­der. Rus­land se ver­min­de­ring het saam­ge­val met stil sei­soe­ne en dit is on­waar­skyn­lik dat Rus­sie­se o­lie­maat­skap­pye die per­ke sal vol­hou. – Bloom­berg

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.