Car­track op wen­pad met mo­tor­dief­stal wat styg

Beeld - - Sake nuus - Han­lie S­tad­ler

Al hoe meer Suid-A­fri­ka­ners plaas op­spoor­toe­stel­le in hul voer­tuie – dalk juis om­dat dit broek­skeur gaan en dit een ma­nier is om hul ver­se­ke­rings­pre­mie te ver­laag.

Car­track sê in­te­ke­na­re vir dié diens in Suid-A­fri­ka het in die boek­jaar tot ein­de Fe­bru­a­rie met 17% ge­styg. Dit te mid­de van ’n sty­ging in die aan­tal voer­tuie wat ge­steel is.

Car­track het die af­ge­lo­pe jaar 93% van ge­steel­de voer­tuie te­rug­ge­vind, ef­fens la­er as in sy 2016-boek­jaar (94%).

Die maat­skap­py se ge­reel­de in­kom­ste uit in­te­ke­na­re met op­spoor­stel­sels ver­teen­woor­dig 86% van sy to­ta­le in­kom­ste.

Suid-A­fri­ka­ners bly ge­mid­deld 64 maan­de in­ge­te­ken op Car­track – meer as die 60 maan­de wat in 2016 ge­meet is. Dit weer­spie­ël waar­skyn­lik dat baie men­se op Car­track in­te­ken wan­neer hul­le ’n nu­we mo­tor koop; dit word as deel van hul mo­tor­paai­e­ment be­taal. Die diens word dan ge­kan­sel­leer of men­se skuif na an­der ver­skaf­fers

wan­neer die mo­tor af­be­taal is.

Die lan­ger tyd­perk eg­go sy­fers in die mo­tor­han­del­be­dryf – men­se be­taal nou lan­ger af aan mo­tors.

Die maat­skap­py werk in ’n hoogs me­de­din­gen­de sek­tor, wat in Suid-A­fri­ka Trac­ker, C­track, Al­tech Net­star en Ma­trix in­sluit.

In sy re­sul­ta­te sê die maat­skap­py die mark bly “veer­krag­tig en daar is te­kens van groter vraag”.

Net in Suid-A­fri­ka het Car­track se in­kom­ste met 15% tot R861 mil­joen ge­styg en sy be­dryfs­wins met 13%. Die ge­mid­del­de in­kom­ste per ge­brui­ker is nou R1 801, wat 2% min­der is as in 2016 om­dat Car­track pro­beer om la­er­in­kom­ste­groe­pe oor te haal om ook op­spoor­toe­stel­le te laat in­stal­leer. (Die ge­mid­del­de in­kom­ste per ge­brui­ker is vir die vol­jaar en nie wat ge­brui­kers el­ke maand be­taal nie.)

Die maat­skap­py spog in Suid-A­fri­ka met ’n be­dryfs­wins­grens van 36%.

Car­track sê al hoe meer maat­skap­pye be­sef die waar­de van te­le­ma­ti­ka – die in­sa­me­ling van in­lig­ting oor be­stuur­ders se roe­tes, spoed en an­der be­stuurs­in­lig­ting. Die maat­skap­py hoop dat dit in die toe­koms vir hom ’n ste­wi­ge in­kom­ste­stroom sal skep.

Die op­spoor- en vloot­be­stuurs­maat­skap­py het wê­reld­wyd 19% meer klan­te ge­wen en het nou 600 610 in­te­ke­na­re in 24 lan­de op vyf vas­te­lan­de.

Die af­ge­lo­pe jaar het die groep uit­ge­brei na Nieu-See­land en die VSA.

Car­track het in De­sem­ber 2014 met net meer as 386 000 in­te­ke­na­re op die JSE ge­no­teer.

Die groep se in­te­ke­na­re het ver­al in A­sië (225%) en Eu­ro­pa (26%) ste­wig ge­groei.

Al hoe meer Suid­A­fri­kaan­se mo­to­ris­te ge­bruik dees­dae op­spoor­toe­stel­le.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.