Blu­es se kwart­eind­lot in húl han­de

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet Blu­es:

Die Blu­es weet hul lot om van­jaar vir die kwart­eind­ron­de van die Su­per­rug­by-reeks te kwa­li­fi­seer is nog in hul eie han­de en het vre­de ge­maak met dié kom­pe­ti­sie se om­stre­de struk­tuur.

Die Ki­wi-span pak die S­tor­mers mô­re in Kaap­stad, met ’n oor­win­ning in die Moe­der­stad wat die Blu­es steeds bin­ne tref­af­stand van ’n plek in die uit­klop­ron­des sal hou.

As deel­na­me aan die kwart­eind­ron­de sui­wer vol­gens ’n span se po­si­sie op die pun­te­lys be­paal is, sou die Blu­es tans ge­kwa­li­fi­seer het om­dat hul­le op ses na die mees­te pun­te (31) van al­le span­ne in die reeks het.

Maar in­ge­vol­ge die hui­di­ge, ver­war­ren­de re­ëls, sal die S­tor­mers (26) en Brum­bies (19), soos sa­ke tans staan, by­voor­beeld ten kos­te van die Blu­es vir die kwart­eind­ron­de kwa­li­fi­seer, om­dat hul­le bo-aan hul on­der­skeie kon­fe­ren­sies se pun­te­lys­te is.

Die agt kwa­li­fi­seer­ders vir die kwart­eind­ron­de be­staan uit die vier kon­fe­ren­sie-wen­ners (A­fri­ka 1 en 2, Nieu-See­land en Aus­tra­lië), as­ook die span met die der­de mees­te liga­pun­te in die Suid-A­fri­kaan­se groep (A­fri­ka 1 én 2) en die drie span­ne met die mees­te pun­te in die Aus­tra­la­sie­se groep naas die kon­fe­ren­sie-wen­ners.

Al hoe die Blu­es ge­ge­we dié struk­tuur dus nog die kwart­eind­ron­de kan haal, is as hul­le min­stens vyf­de in die Aus­tra­la­sie­se groep ein­dig. Tans lê hul­le ses­de, met die High­lan­ders (36) vyf pun­te voor hul­le in die vyf­de plek.

S­te­ve Jack­son, Blu­es-hulp­af­rig­ter, sê hy hoop San­zaar (Su­per­rug­by se be­heer­lig­gaam) se be­sluit­ne­mers sal die be­loof­de ver­an­de­rin­ge aan dié stel­sel deur­voer.

“On­der­steu­ners be­vraag­te­ken die hui­di­ge struk­tuur waar span­ne met min­der pun­te as an­der deur­dring en ver­se­ker is van tuis­veld­voor­deel in die kwart­eind­ron­de,” sê Jack­son.

Hul­le pak die na­week ’n S­tor­mers­span wat ná vier ag­ter­een­vol­gen­de ne­der­lae waar­skyn­lik min self­ver­troue sal hê.

Vol­gens Jack­son gaan dit nie mak­lik wees om die S­tor­mers voor hul tuis­ska­re te klop nie.

“Kaap­stad is ’n moei­li­ke plek om rug­by te kom speel, maar ons sien uit na die uit­da­ging. Hul­le is eg­ter ’n span wat steeds weet hoe om jou met sterk rol­maal­be­we­gings on­der druk

te plaas.

“Ek dink dit is iets wat hul­le teen ons gaan doen, ver­al na­dat die C­hee­tahs ver­le­de na­week ’n paar drieë op ’n soort­ge­ly­ke wy­se teen ons ge­druk het.”

Die Blu­es het Son­ny Bill Wil­li­ams op bin­ne­sen­ter in­ge­sluit na­dat hy ’n week op die kant­lyn weens har­sing­skud­ding was.

■ Me­la­ni Na­nai, Matt Duf­fie, Ge­or­ge Mo­a­la, Son­ny Bill Wil­li­ams, Rie­ko Io­a­ne, Piers Fran­cis, Au­gus­ti­ne Pu­lu, A­ki­ra Io­a­ne, Bla­ke Gib­son, S­te­ven Lu­a­tua, S­cott Craf­ton, Ge­r­ard Co­w­ley­Tui­o­ti, C­har­lie Faumuina, Ja­mes Par­sons (k), Ofa Tu’ung­a­fa­si. PLAASVERVANGERS: Ha­me Fai­va, A­lex Hodg­man, Si­o­ne Ma­fi­leo, Pa­trick Tui­pu­lo­tu, Ka­ra Pryor, Sam Nock, Bryn Gat­land, Mi­cha­el Col­lins.

Son­ny Bill Wil­li­ams (regs) keer mô­re te­rug na die Blu­es se be­gin­span vir ’n krag­me­ting met die S­tor­mers. Fo­to: GETTY IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.