Har­de woor­de val in Haaie se kleed­ka­mer

Beeld - - Sport -

Die seer en ska­de wat ’n trot­se rug­by­u­nie deur die Sout­hern Kings aan­ge­doen is, moet die na­week in Sin­ga­poer ge­wreek word.

Die Haaie is ver­le­de Sa­ter­dag met 35-32 deur die Kings ge­skok in dié span­ne se Su­per­rug­by-stryd. Vol­gens die Haaie se vuur­vre­ter-flank P­hi­lip van der Walt moet sy span Sa­ter­dag teen die Sun­wol­ves die spook van dié ver­ne­de­ren­de ne­der­laag ver­jaag.

Van der Walt sal die span in die af­we­sig­heid van die S­pring­bok-los­ska­kel Pat Lam­bie, wat har­sing­skud­ding het, aan­voer.

“Ons put mo­ti­ve­ring uit die Kings-te­leur­stel­ling. Ons wil die ska­de en seer wat die Kings ’n baie trot­se u­nie toe­ge­dien het, her­stel. Ons wil ons­self ook voor­be­rei op die styl en vlak wat ons sal moet speel as ons tot die uit­klop­stry­de deur­dring,” sê Van der Walt.

“As ons nie nou al op daar­die vlak kan speel nie, gaan dit nie net een­vou­dig ge­beur in die la­te­re sta­di­ums van die reeks nie. As ons nie be­reik wat ons vir ons­self as doel­wit­te ge­stel het nie, gaan dit net moei­li­ker en moei­li­ker word.”

Hy er­ken ook die span het ná die Kings-ne­der­laag pad­langs ge­praat.

“Daar was ná die tyd har­de woor­de. Daar is din­ge wat ge­sê moet word ná ’n ver­to­ning soos die een wat ons ge­le­wer het. Dit maak ons al­mal seer en ons voel

oor wat ge­beur het, maar ons weet ons moet te­rug­slaan,” sê Van der Walt.

Die feit dat die Haaie nie goed ge­noeg uit hul eie ge­bied kon ont­snap nie, het hul­le on­der druk ge­plaas teen die Kings.

“Ons het ook nie ons ge­leent­he­de be­nut nie. Daar is in­di­vi­du­e­le fou­te wat ons moet uit­stryk en ons moet net een­vou­dig be­gin om meer pun­te aan te te­ken.”

Die na­week se ne­der­laag het die Haaie nie te veel ska­de op die pun­te­lys in die twee­de A­fri­ka-kon­fe­ren­sie aan­ge­doen nie. Hul­le is steeds ne­ge pun­te voor die Ja­gua­res.

“Ons wil nie pa­nie­ke­rig raak nie. Jy word nie ’n swak span ná een wed­stryd nie.

“Ge­luk­kig maak die ne­der­laag nie ’n groot ver­skil aan ons po­si­sie op die pun­te­lys nie, maar dit maak ’n ver­skil aan hoe ons die vol­gen­de wed­stryd be­na­der,” sê hy.

P­hi­lip van der Walt

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.