Bou­chard sê ten­nis­ba­se het be­wy­se oor val­slag ver­nie­tig

Beeld - - Sport - – Reu­ters

’n Pro­ku­reur van die Ka­na­de­se ten­nis­spe­ler Eu­ge­nie Bou­chard het Dins­dag die A­me­ri­kaan­se Ten­nis­ver­e­ni­ging (USTA) be­skul­dig dat hy beeld­ma­te­ri­aal uit­ge­wis het van ’n kring­te­le­vi­sie ka­me­ra­ op­na­me wat wys hoe sy ty­dens 2015 se A­me­ri­kaan­se Ope in ’n ver­trek ge­val en har­sing­skud­ding op­ge­doen het.

Bou­chard dag­vaar die USTA om­dat sy weens dié val­slag die A­me­ri­kaan­se Ope en toer­nooie daar­na mis­ge­loop het.

Be­ne­dict Mo­rel­li voer aan sy kli­ënt het ge­val weens skoon­maak­mid­dels wat op die vloer ge­bruik is en dit ge­volg­lik ge­vaar­lik glad ge­maak het.

Vol­gens Mo­rel­li het amp­te­na­re van die USTA die beeld­ma­te­ri­aal van die voor­val, wat deur’ n kring­te­le­vi­sie ka­me­ra op­ge­neem is, uit­ge­vee ná ’n uit­druk­li­ke ver­soek dat dit be­waar moes word vir die on­der­soek.

Die USTA het ook ’n reg­ter in die fe­de­ra­le hof in Brook­lyn ver­soek om aan die ju­rie op­drag te gee dat die op­na­me die ten­nis­lig­gaam in ’n sleg­te lig sou stel.

“Die USTA het met op­set die beeld­ma­te­ri­aal uit­ge­vee in ’n po­ging om die kla­er van be­wy­se te ont­neem wat re­le­vant was tot die eis wat sy teen die ten­nis­lig­gaam in­ge­stel het,” het Mo­rel­li in ’n mo­sie voor die hof ge­sê.

“Hier­die fla­gran­te oor­tre­ding is die uit­ein­de van ’n reeks ak­sies en op­tre­des deur die ver­de­di­ging wat reg­deur ons on­der­soek in­ge­span is om kri­tie­ke in­lig­ting van ons te weer­hou,” het hy by­ge­voeg.

Die USTA se reg­span wou by na­vraag nie kom­men­taar le­wer op die jong­ste ver­wik­ke­lin­ge nie.

Die 23­ja­ri­ge Bou­chard was die laas­te ruk skit­te­rend op dreef. Sy het vroe­ër van­dees­maand die Rus Ma­ria S­ha­ra­po­va in die twee­de ron­de van die Ma­drid Ope ver­slaan.

Hier­na het sy die top­ge­keur­de, An­ge­li­que Ker­ber, uit­ge­ska­kel voor­dat sy in die kwart­eind­ron­de teen S­vet­la­na Ku­z­net­so­va vas­ge­val het.

Eu­ge­nie Bou­chard ver­le­de week in ak­sie in die Ma­drid Ope. Fo­to: GETTY IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.