Jong slim­kop aan stuur by Dolphins

Beeld - - Sport - – Jo­hann de Ja­ger, dolphin­scric­ket.co.za

Hein­rich S­try­dom, uit­voe­ren­de hoof van die Noord­wes K­rie­ket­u­nie se­dert 2011, is die Dolphins se nu­we uit­voe­ren­de hoof.

Die 34-ja­ri­ge S­try­dom is ’n man met ge­leerd­heid én ’n krie­ket­ag­ter­grond. Hy is ’n ge­ok­trooi­eer­de re­ken­mees­ter met ’n M-graad in be­las­ting, by­kans klaar met sy mees­ters­graad in sa­ke­be­stuur en ad­mi­nis­tra­sie, en het eer­ste­rang­se krie­ket vir Noord­wes ge­speel.

S­try­dom was voor­heen ook Noord­wes se fi­nan­si­ë­le hoof voor­dat hy die uit­voe­ren­de hoof ge­word het.

Hy sal van 1 Au­gus­tus die lei­sels in Dur­ban oor­neem.

S­try­dom sê hy het so­wat agt maan­de ge­le­de aan­soek vir Pe­te de Wet se va­kan­te pos ge­doen.

“Hul­le het my twee we­ke ge­le­de ge­vra of ek be­lang stel en is ge­nooi om ’n voor­leg­ging te gaan doen. Ek het Vry­dag ge­hoor ek het die pos ge­kry.”

Ra­jesh Be­ha­ri het aan­vank­lik waar­ge­neem se­dert De Wet ver­le­de jaar be­dank het. De Wet het ’n be­trek­king in Ni­euSee­land as Cen­tral Dis­tricts se uit­voe­ren­de hoof aan­vaar.

Mu­ham­mad See­dat sal in­tus­sen tot 31 Ju­lie by die Dolphins waar­neem.

S­try­dom glo die Dolphins kan on­der die voor­ste drie fran­chi­ses in die land wees.

“Om by ’n na­si­o­na­le fran­chi­se be­trok­ke te raak was al­tyd my vol­gen­de stap en ek sien uit na die uit­da­ging om die Dolphins te be­stuur.”

S­try­dom is goed ver­troud met die Dolphins se af­rig­ter, Grant Mor­gan. Hul­le was on­der meer voor­heen teen­stan­ders in ’n eind­stryd van die na­si­o­na­le klub­kam­pi­oen­skap. S­try­dom het vir die Puk­ke ge­speel en Mor­gan vir P­re­to­ria Old Boys.

Fo­to: GALLO IMAGES

Hein­rich S­try­dom by Kings­me­ad in Dur­ban, sy nu­we hoof­kan­toor as uit­voe­ren­de hoof van die Dolphins.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.