S­ha­ra­po­va se dub­be­le do­sis sleg­te nuus

Beeld - - Sport - – Reu­ters

En­gel­se ten­nis­ba­se hul Fran­se e­we­knieë na­boots en nie vir Ma­ria S­ha­ra­po­va ’n pro­mo­tors­uit­no­di­ging gee om aan van­jaar se Wim­ble­don­se toer­nooi deel te neem nie, kan die Rus steeds kwa­li­fi­seer.

Die drie­ma­li­ge kam­pi­oen moes haar eer­gis­ter weens ’n bo­been­be­se­ring aan die I­ta­li­aan­se Ope ont­trek – ’n be­sluit wat ’n ein­de bring aan haar hoop om reg­streeks vir Wim­ble­don te kwa­li­fi­seer.

Die Fran­se Ten­nisfe­de­ra­sie (FTF) het reeds daar­teen be- sluit om aan die voor­ma­li­ge nom­me­reen-spe­ler ’n plek in die toer­nooi te gun – ’n be­sluit wat baie on­der­steu­ners ver­baas het.

S­ha­ra­po­va moes ten min­ste die half­eind­ron­de in Ro­me haal om reg­streeks vir die hoof­toer­nooi by Wim­ble­don te kwa­li­fi­seer.

Ge­luk­kig vir die vyf­ma­li­ge Grand Slam-kam­pi­oen be­te­ken haar se­ge Maan­dag in die eer­ste ron­de oor die A­me­ri­ka­ner Chris­ti­na M­cHa­le dat sy be­tyds weer on­der die voor­ste 200 speAs lers in die wê­reld in­ge­skuif het om haar plek te be­spreek in die kwa­li­fi­se­ren­de toer­nooi vir Wim­ble­don.

S­ha­ra­po­va (30) het eer­gis­ter met 2-1 voor­ge­loop in die be­slis­sen­de stel van haar wed­stryd in die twee­de ron­de teen die Kro­aat Mi­r­ja­na Lu­cic-Ba­ro­ni.

Maar sy was nie in staat om die krag­me­ting te vol­tooi nie na­dat sy be­seer is.

Die Rus, wat ver­le­de maand haar te­rug­keer tot be­roep­sten­nis ge­maak het ná ’n skor­sing van 15 maan­de weens die ge­bruik van ’n ver­bo­de mid­del, is boon­op vroe­ër die aand in­ge­lig dat sy nie ’n pro­mo­tors­uit­no­di­ging ont­vang het om aan die Fran­se Ope deel te neem nie.

’n Be­sluit oor of sy as pro­mo­tors­keu­se by die All Eng­land Club toe­ge­laat sal word, word op 20 Ju­nie ge­neem.

S­ha­ra­po­va, wat ge­skors is vir die ge­bruik van die hart­me­di­ka­sie mel­do­ni­um, het ge­meng­de wel­slae be­haal se­dert haar te­rug­keer tot die WTA­reeks in A­pril.

Fo­to: AP

Ma­ria S­ha­ra­po­va se seer bo­been­spier word be­han­del.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.