Ja­pan­se af­rig­ter le­wens­lank ge­skors oor knoei­e­ry

Beeld - - Sport - – Reu­ters

Junn Mit­su­hashi, ’n Ja­pan­se ten­nis­spe­ler en af­rig­ter, is le­wens­lank ge­skors en met $50 000 (so­wat R650 000) be­boet na­dat die sport se in­te­gri­teits­een­heid (TIU) hom skul­dig be­vind het aan wed­stryd­knoei­e­ry en oor­tre­dings met be­trek­king tot wed­den­skap­pe.

Mit­su­hashi (27), wat sy kruin in 2009 be­reik het toe hy 295ste op die wê­reld­rang­lys was, is daar­van aan­ge­kla dat hy Jos­hua C­het­ty, ’n Suid­A­fri­kaan­se spe­ler wat hy af­ge­rig het, ge­vra het om ty­dens ’n In­ter­na­si­o­na­le Ten­nisfe­de­ra­sie­toer­nooi (ITF) in 2015 in Suid­A­fri­ka ’n teen­stan­der te na­der.

Met C­het­ty as tus­sen­gan­ger het Mit­su­hashi die spe­ler $2 000 aan­ge­bied om in ’n en­kel­spel­wed­stryd te on­der­pres­teer en $600 om in ’n dub­bel­spel­wed­stryd swak te speel.

C­het­ty het die aan­bod van die hand ge­wys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.