Aus­sies hou spe­si­a­le ver­ga­de­ring oor fran­chi­ses

Beeld - - Sport -

Die Aus­tra­lie­se Rug­by­u­nie (ARU) het tot ’n ver­soek van die Vic­to­ria Rug­by­u­nie (VRU) in­ge­stem om vol­gen­de week ’n “spe­si­a­le al­ge­me­ne ver­ga­de­ring” te be­lê om die toe­koms van Aus­sie­fran­chi­ses in Su­per­rug­by te be­spreek.

Die Mel­bour­ne Re­bels, een van die span­ne wat moont­lik on­der die val­byl kan be­land, is deel van die VRU.

Die voort­du­ren­de be­spie­ge­ling dat die Re­bels hul plek in die reeks gaan kwyt wees, het ’n siel­kun­di­ge im­pak op die spe­lers, sê Mor­gan Tu­rinui, een van hul hulp­af­rig­ters.

Óf die Re­bels óf die We­stern For­ce gaan vol­gens die Aus­tra­lie­se Rug­by­u­nie (ARU) in die stof byt in ’n po­ging om kos­te te be­snoei en die Aus­tra­lie­se span­ne me­de­din­gen­der te maak.

Die Re­bels het tot dus­ver van­jaar nog net een van hul tien wed­stry­de ge­wen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.