Ul­ster maak U­draai ná Ar­no se gek­rok­te knie

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

Die S­pring­bok-los­voor­spe­ler Ar­no Bo­tha soek ’n nu­we rug­by­heen­ko­me na­dat die Ier­se klub Ul­ster koue voe­te ge­kry het.

Dié klub het be­sluit dit is ’n té groot ri­si­ko om Bo­tha se diens­te te be­kom, na­dat hy ver­le­de maand in Nieu-See­land die so­veel­ste keer ’n knie­be­se­ring op­ge­doen het.

Bo­tha het sy eer­ste Su­per­rug­by-wed­stryd van­jaar teen die C­hiefs in Ha­mil­ton ge­speel na­dat hy pas van ’n skou­er- en bo­arm­spier­be­se­ring her­stel het.

Ul­ster het in Ja­nu­a­rie be­kend ge­maak hy het ’n kon­trak van twee jaar met die 25ja­ri­ge Bo­tha ge­sluit.

Hy sou ná die Su­per­rug­by­reeks in Bel­fast by sy nu­we span­maats aan­ge­meld het.

Daar word ver­neem Ul­ster het se­dert­dien ’n on­af­hank­li­ke me­die­se me­ning oor Bo­tha se be­se­ring ge­kry.

Die klub is op grond daar­van af­ge­raai om voort te gaan met die kon­trak.

Sul­ke kon­trak­te is on­der­he­wig aan die voor­waar­de dat ’n spe­ler voor­af “me­dies ge­skik” moet wees.

Hoe­wel Bo­tha waar­skyn­lik Sa­ter­dag vir die Blou Bul­le in die Su­perS­port-uit­daag­reeks sy te­rug­keer kan maak, het Ul­ster ver­neem Bo­tha gaan die knie ’n be­hoor­li­ke rus­kans moet gee.

Dit blyk of Ul­ster ver­sig­tig is om dié ge­vaar te loop in die lig van die S­pring­bok-flank Mar­cell Coet­zee, wat nog skaars vir die klub ge­speel het na­dat hy weg is by die Haaie.

Coet­zee het in Maart in die Eu­ro­pe­se reeks ’n kruis­liga­ment ge­skeur in die­self­de knie wat in A­pril 2016 sy sei­soen voor­ty­dig be­ëin­dig het.

Hy sal eers in 2018 te­rug wees op die veld.

Daar is spra­ke dat Bo­tha, wat ver­le­de jaar die Bul­le in die Cur­rie­be­ker-reeks aan­ge­voer het, nou in P­re­to­ria kan aan­bly ná Ul­ster se s­kie­li­ke U-draai.

Xan­der Jan­se van Rens­burg, die Blou Bul­le Maat­skap­py (BBM) se ho­ë­pres­ta­sie­be­stuur­der, het by na­vraag ge­sê hy kan nie in die sta­di­um kom­men­taar le­wer nie.

Die Bul­le het in Ja­nu­a­rie aan­ge­voer Ul­ster het Bo­tha ’n baie goeie aan­bod ge­maak en die u­nie kan nie ’n teen­aan­bod maak om sy diens­te te be­hou nie.

Die u­nie het die laas­te ruk sy los­voor­spe­lerspens aan­ge­vul met die oud-C­hee­tah Boom Prins­loo en die B­lits­bok Tim A­ga­ba.

Bo­tha het in 2013 met groot be­lof­te op die to­neel ver­skyn toe hy as ’n 21-ja­ri­ge sy toets­de­buut teen I­ta­lië ge­maak het.

Fo­to: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.