Koue skou­er vir 2016­Bok­ke

Tal­le nie ge­nooi na oe­fen­kamp

Beeld - - Sport - Ge­or­ge Ger­mis­huys

Die S­pring­bok-span wat op 10 Ju­nie in die eer­ste toets teen Frank­ryk gaan uit­draf, gaan dras­ties ver­skil van die een wat Suid-A­fri­ka se troe­bel sei­soen in 2016 af­ge­sluit het.

Dít blyk uit die groep wat Maan­dag na ’n der­de S­pring­bok­oe­fen­kamp in Jo­han­nes­burg ge­nooi is.

Nét vyf spe­lers wat in die Bok­ke se laas­te toets in 2016 teen Wal­lis in ak­sie was, tel on­der die 39 spe­lers wat Al­lis­ter Coet­zee, hoof­af­rig­ter, ge­kies het.

C­hee­tah-spe­lers (op toer oor­see) en Suid-A­fri­kaan­se spe­lers wat oor­see klu­brug­by speel, is nie vir die groep oor­weeg nie.

Dis ver­al in die skrum­ska­kel­po­si­sie dui­de­lik dat Coet­zee van­jaar nie som­mer gaan vol­hard met spe­lers wat ver­le­de jaar deur­lo­pend die Bok-trui ge­dra

het nie. Nie Faf de K­lerk, Ru­dy Pai­ge of Piet van Zyl, die spe­si­a­lis-skrum­ska­kels in ver­le­de jaar se Bok-span­ne, is by­voor­beeld na die oe­fen­kamp ge­nooi nie.

Dis ook in­sig­ge­wend dat Co­bus Rei­nach, wat ’n Bok ge­word het toe Hey­ne­ke Mey­er die brei­er was, nie ge­nooi is nie.

Dit is dus on­waar­skyn­lik dat e­ni­ge van dié vier oor­weeg sal word vir die reeks teen Frank­ryk.

Fran­cois Hou­gaard, wat ver­le­de jaar meest­al vleu­el vir die Bok­ke ge­speel het, kan eg­ter as ’n skrum­ska­kel ge­kies word. Hy speel tans vir die Wor­ces­ter War­ri­ors in die En­gel­se P­re­mier­liga.

Die skrum­ska­kels wat na die kamp ge­nooi is, is Ja­no Ver­maak,

De­waldt Du­ve­na­ge en Ross Cron­jé. Net Ver­maak, met drie toet­se ag­ter die rug, het al op die hoog­ste vlak ge­speel.

S­haun Venter (C­hee­tahs), wat op die vo­ri­ge oe­fen­kamp was, het ook nie toet­s­er­va­ring nie.

An­der Bok­ke van die 2016span wat van­jaar suk­kel met hul spel­peil en nie na die der­de oe­fen­kamp ge­nooi is nie, is Ni­zaam Carr, Lou­rens A­dri­aan­se, Jam­ba U­len­go en L­wa­zi M­vo­vo.

Dan is daar ook spe­lers wat op die kruk­ke­lys is of pas van be­se­rings te­rug­ge­keer het. On­der hul­le tel Ro­han Jan­se van Rens­burg, Fran­cois Louw, Ju­li­an Re­de­ling­huys, Ru­an Com­brinck en Ju­an de Jongh.

Dan is daar spe­lers soos Han­dré Pol­lard en Mar­cell Coet­zee wat ook aan’t her­stel is en wat ver­le­de jaar ook weens lang­ter­myn-be­se­rings nie kon speel nie. Pol­lard, wat her­stel van ’n seer en­kel, het ’n bui­te­kans om teen die Ha­ne te speel.

Dis boon­op on­dui­de­lik of Pat Lam­bie sal kan speel na­dat hy die af­ge­lo­pe na­week vir die der­de keer se­dert ver­le­de jaar har­sing­skud­ding op­ge­doen het.

Nog twee wat ver­le­de jaar die Bok-trui ge­dra het, A­dri­aan S­trauss en Jo­han Goo­sen, is nie meer be­skik­baar om in­ter­na­si­o­na­le rug­by te speel nie.

Ver­le­de jaar se swak ver­to­nings­lys (agt ne­der­lae in 12 toet­se), die ge­paard­gaan­de druk om van­jaar te pres­teer en die be­se­rings­pook sal Coet­zee waar­skyn­lik noop om meer spe­lers wat in Eu­ro­pa ge­se­tel is, te kies.

Dan kan spe­lers soos Du­a­ne Ver­meu­len (Tou­lon), Wil­lem Al­berts (S­ta­de Français), Bry­an Ha­ba­na (Tou­lon), Hou­gaard, Bis­marck du P­les­sis (Mont­pel­lier), Frans S­teyn (Mont­pel­lier), Wil­lie le Roux (Was­ps), JP Pie­ter­sen (Lei­ces­ter), S­te­ven Kits­hoff (Bor­deaux Beg­les) en Vin­cent Koch (Sa­ra­cens) be­trek word.

■ Die groep van 31 spe­lers vir die reeks teen Frank­ryk word Dins­dag be­kend ge­maak.

De­waldt Du­ve­na­ge

Ja­no Ver­maak

Ross Cron­jé

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.