De Jongh be­leef dié week 2 te­rug­slae

Beeld - - Sport - – S­te­phen Nell

Wan­neer Ju­an de Jongh (29) een­dag te­rug­kyk op sy rug­by­loop­baan, sal hier­die week waar­skyn­lik een wees wat hy liefs wil ver­geet.

Hy is oor die hoof ge­sien vir die S­pring­bok­oe­fen­kamp en die S­tor­mers se af­rig­ter, Rob­bie F­leck, het hom nie ge­kies vir mô­re­aand se Su­per­rug­by­wed­stryd teen die Blu­es op Nu­we­land nie.

De Jongh en die los­voor­spe­ler Ryn­hardt El­stadt, nóg ’n S­tor­mer, sal te­vre­de moet wees om in die voor­wed­stryd vir die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie teen die SWD­A­ren­de in die Su­perS­port­uit­daag­reeks te speel.

F­leck vol­hard met EW Vil­joen as sy bui­te­sen­ter en Ko­bus van Dyk as oop­kant­flank. F­leck meen De Jongh sal baat vind by 80 mi­nu­te se rug­by in die Uit­daag­be­ker­reeks, maar dié skuif is nie­te­min ’n ver­ras­sing ge­ge­we die S­tor­mers se ge­suk­kel op die ver­de­di­ging. Hul­le het op hul Nieu­See­land­se toer in wed­stry­de teen die Cru­sa­ders, High­lan­ders en Hur­ri­ca­nes ’n al­le­min­ti­ge 24 drieë af­ge­staan.

Die waar­de wat De Jongh op die ver­de­di­ging toe­voeg, het hom nog al­tyd ’n aan­trek­li­ke op­sie vir ’n af­rig­ter ge­maak om met die or­ga­ni­sa­sie te help. Dis ’n af­de­ling van die S­tor­mers se spel wat op­ge­knap sal móét word as hul­le van­jaar ver­der as die kwart­eind­ron­de wil vor­der.

■ S­tor­mers: SP Marais, C­heslin Kol­be, EW Vil­joen, S­haun T­ree­by, Se­a­be­lo Se­nat­la, Dil­lyn Leyds, De­waldt Du­ve­na­ge, Ni­zaam Carr, Siya Ko­li­si (k), Ko­bus van Dyk, Pie­ter­S­te­ph du Toit, E­ben Et­ze­beth, Frans Mal­her­be, Bon­gi M­bo­nam­bi, Oli Keb­ble. PLAASVERVANGERS: Ra­mo­ne Sa­mu­els, Ali Ver­maak, Wil­co Louw, Jan de K­lerk, Sik­hum­bu­zo Nots­he, Ja­no Ver­maak, Brandon T­hom­son, Da­mi­an de Al­len­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.