Op­pas vir klo­ning as jy kar ver­koop

Beeld - - Briewe -

Jo­han Woest, P­re­to­ria

My Golf R is in No­vem­ber 2016 as­ook in Ja­nu­a­rie 2017 ge­kloon.

Die pro­ses hier­na om my voer­tuig weer wet­tig op my naam te kry, het se­we be­soe­ke aan die mu­ni­si­pa­li­teit be­hels, as­ook vier be­soe­ke aan die po­li­sie se voer­tuig­dief­stal­een­heid.

Die pro­se­du­re was veel­ei­sen­de do­ku­men­ta­sie in vier stel­le af­skrif­te wat deur vyf we­ke se ge­wag oor en weer tus­sen die pro­vin­si­a­le ver­keers­o­wer­he­de en die Wat­loo-li­sen­sie­kan­toor rond­ge­stuur moes word.

My voer­tuig moes twee keer weer kla­ring kry, ek moes hom laat weeg, weer laat “Da­ta Dot” en weer deur ’n toets sit met nu­we nom­mer­pla­te!

Af­ge­sien van die stres was die fi­nan­si­ë­le im­pli­ka­sie vir my sak R3 500.

Aan die pu­bliek: Wees maar ver­sig­tig met die ver­toon van jou nom­mer­pla­te as jy ’n voer­tuig op ’n web­werf ad­ver­teer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.