Ek is se­ker dís wat le­ser het

Beeld - - Briewe -

Ge­or­ge Ward, Gra­bouw

Ek ver­wys na die na­vraag van S.W. Bur­ger oor die prag­ti­ge ken­te­ken (04.05).

Ek het al in ’n vo­ri­ge brief ge­noem ons het as kin­ders baie be­lang ge­stel in die ver­skil­len­de en­jin­kap­ken­te­kens op die ou mo­tors. Dié een het my om­trent laat kop­krap om­dat ek eers ge­dink het dit was ’n In­di­aan wat daar pryk met sy kop ag­ter­oor.

As dit ’n In­di­aan was, was dit de­fi­ni­tief ’n Pon­ti­ac. Maar ek kon glad nie ont­hou dat ek al ooit van­te­vo­re so iets op ’n Pon­ti­ac ge­sien het nie, en in ons Ka­roo­wê­reld op S­teyt­ler­vil­le was Pon­ti­a­cs taam­lik ge­wild.

Uit­ein­de­lik het die lig aan­ge­gaan en, al was ek daar­die tyd al mooi groot en dalk nie meer so in­tens in ken­te­kens ge­ïn­te­res­seerd nie, ont­hou ek dat die Nash van die vroeë 1950’s een ge­had het, be­kend as “Nu­de La­dy with wings”. Ek is se­ker dís wat die le­ser daar beet het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.