Ait­sa, ’n rat­se lyf vir die CX­5

Beeld - - Nuwe Model - Wil­lem F­ritz Só lyk die CX­5­reeks

Die CX-5 was in ver­skeie op­sig­te ’n deur­braak­mo­del vir Ma­z­da. Dit was die eer­ste mo­del waar die groep se so­ge­naam­de SkyActiv-teg­no­lo­gie in­ge­span is (ver­skil­len­de teg­no­lo­gieë om brand­stof te be­spaar) en het ook Ma­z­da se Ko­do-ont­werp­styl in­ge­lui.

Die CX-5 het sy de­buut in 2012 ge­maak en is een van Ma­z­da se top­ver­ko­pers wê­reld­wyd, ook in Suid-A­fri­ka. Plaas­lik sing die CX-5 voor in die koor vir Ma­z­da as dit by ver­ko­pe kom, met on­ge­veer 350 wat per maand van die hand ge­sit word. Aan­trek­li­ke sti­le­ring, goeie han­te­ring en so­lie­de bou­ge­hal­te maak van hom ’n ge­wil­de keu­se. Met die koms van sy op­vol­ger, is die fo­kus nou meer op die ui­ter­li­ke ter­wyl op die goeie voort­ge­bou word.

Nu­we baad­jie

Die nu­we CX-5 bou voort op Ma­z­da se Ko­do-ont­werp­te­ma wat sy mo­tors dank­sy skerp ak­sent­ly­ne krag­tig en le­wens­lus­tig moet laat ver­toon. Die voor­koms­ver­skil­le tus­sen die nu­we en ou mo­del is nie te dra­ma­ties nie. Daar is wel klei­ner ver­an­de­rin­ge, soos die dak wat nou meer af­waarts buig na ag­ter en hom dus ’n koe­pee­ag­ti­ge vorm ver­leen.

Voor en ag­ter lyk din­ge wel heel­wat an­ders. Voor loop die roos­ter nou reg­af met die en­jin­kap wat so ’n aks oor­steek. Die LED-hoof­lig­te is op skre­fies ge­trek wat ’n veel ag­gres­sie­wer voor­koms skep, ter­wyl die roos­ter ook pro­mi­nen­ter ver­toon met die uit­ge­bou­de Ma­z­da-lo­go wat soos ’n la­pel­wa­pen in die mid­del pryk. ’n Chroom­lyn loop al on­der die roos­ter en ver­bind die hoof­lig­te weers­kan­te.

Ag­ter lyk din­ge ook heel spog­ge­rig en die lig­te se plat­ter voor­koms lyk meer spor­tief as voor­heen.

Die CX-5 ge­bruik ba­sies die­self­de on­der­stel as die vo­ri­ge mo­del, maar is ’n aks kor­ter as Ma­z­da het sy nu­we CX­5 ’n raps meer hou­ding ge­gee met sker­per ak­sen­te en ’n pro­mi­nen­te sier­roos­ter. Die en­jins is van die ou mo­del oor­ge­dra.

sy voor­gan­ger met die­self­de breed­te, ter­wyl die nu­we mo­del 3 cm la­er bo die grond is.

Sy voor­koms gaan dalk nie in al­mal se smaak val nie, maar ons hou van die nu­we­ling se ag­gres­sie­wer hou­ding.

Só lyk die reeks

Die en­jins van die vo­ri­ge mo­del is gro­ten­deels on­ver­an­derd oor­ge­dra. Dit be­staan uit ’n 2.0-li­te­ren 2.5-li­ter-pe­trol- en ’n 2.2li­ter-tur­bo­die­sel, al­mal met vier si­lin­ders.

Die twee­li­ter kan ge­kies word met ’n ses­gang-hand­rat­kas of ’n ses­gang- ou­to­ma­tie­se rat­kas, maar die 2.5-li­ter en 2.2-die­sel is net met die ou­to­ma­tie­se rat­kas te kry. Die reeks be­gin met die Acti­ve-mo­del en word na­ma­te luuk­ser met die Dy­n­a­mic-, In­di­vi­du­a­len A­ke­ra-mo­del.

Groter ge­rief bin­ne

Die CX-5 het ’n sprong van O­lim­pie­se ge­hal­te ge­maak wat sy bin­ne-ont­werp be­tref. Die tas­ba­re ge­hal­te en af­wer­king lyk top­klas met sag­te op­per­vlak­ke En­jin

Rat­kas Prys 2.0 Acti­ve

1 998 cc, vier si­lin­ders

2.2 DE Acti­ve 2.5 In­di­vi­du­al

2 191 cc, vier si­lin­ders, tur­bo­die­sel 129 kW 420 Nm

9.1 sek. 5,8 li­ter o­ral en kon­tras­te­ren­de stik­werk plek-plek.

Die in­stru­ment­pa­neel met sy plat­ter ont­werp lyk veel tref­fen­der as voor­heen met die in­lig­ting­skerm wat nie meer by die in­stru­ment­pa­neel ge­ïn­te­greer is nie, maar nou op sy eie aan die bo­kant van die pa­neel pryk, soos die mo­de dees­dae is.

Soos voor­heen word die in­lig­ting­skerm met ’n draaiknop be­heer wat lyk of dit on­ver­an­derd van die vo­ri­ge mo­del oor­ge­dra is. Die hoe­ki­ge lug­in­la­te is uit­ge­bou met ’n chroom­om­ly­ning wat heel tref­fend ver­toon en aan­sluit by ver­skeie an­der chroom-ak­sen­te bin­ne. Die toe­rus­ting­vlak is om­vang­ryk in al die mo­del­le met ’n paar ek­stras wat by­ge­voeg is.

Daar is nou ven­ti­la­sie-o­pe­nin­ge vir die ag­ter­ste pas­sa­siers en ’n USB-sok in die ag­ter­ste arm­leu­ning, ter­wyl ou­to­ma­tie­se oop- en toe­maak vir die luik­deur, as­ook pro­jek­sie­ver­toon van voer­tuig- en pad­in­lig­ting vir die be­stuur­der, nu­wig­he­de is vir die In­di­vi­du­al- en A­ke­ra­mo­del.

Ruim­te bin­ne is meer as vol­doen­de en die ba­ga­sie­bak, hoe­wel taam­lik vlak, kan 442 li­ter sluk.

Op die pad

Soos ’n rid­der en sy perd wat een is – dit is die i­dee ag­ter Jin­ba-It­tai, ’n fi­lo­so­fie wat ’n kern­rol speel in van Ma­z­da se ry­goed, in­slui­tend die CX-5. Die CX-5 han­teer in­der­daad goed vir sy groot­te, deels dank­sy ’n on­der­stel wat ef­fens meer ri­gied ge­maak is, ’n stuur wat heel “le­wen­dig” voel, maar ook van­weë Ma­z­da se so­ge­naam­de G-Vec­to­ring Con­t­rol.

Dié stel­sel re­a­geer op stuur­in­set­te en ge­bruik en­jin­krag om sy­waart­se en oor­lang­se ver­snel­krag­te te be­heer en die voer­tuig se ge­wig ef­fens vo­ren­toe te skuif vir be­ter han­te­ring.

Ma­z­da wil steeds nie byt aan tur­bo-teg­no­lo­gie nie en glo eer­der aan ver­de­re ont­wik­ke­ling van sy en­jins. Die 2.5-li­ter draf heel fluks, maar die 2.0-li­ter se krag­le­we­ring kan slegs as vol­doen­de be­skou word en soms wens ’n mens vir ’n bie­tjie meer oemf, of ’n tur­bo. Al­bei en­jins is ef­fens ra­se­rig on­der har­de ver­snel­ling, ver­al in sport­mo­dus. Die ou­to­ma­tie­se rat­kas wis­sel heel glad. Ons kon on­ge­luk­kig nie die die­sel­mo­del be­proef nie.

Ten spy­te van die en­jins se ef­fen­se ra­se­rig­heid, is die ka­juit heel stil dank­sy heel­wat aan­dag wat ge­skenk is aan be­ter i­so­le­ring, ’n swak­punt van die vo­ri­ge mo­del.

Die rit is ef­fens aan die ferm kant, maar nie on­ge­mak­lik nie.

Wat dink ons?

Die nu­we CX-5 het dalk nie veel on­der die vel ver­an­der nie, maar hy ver­goed daar­voor met ’n veel in­druk­wek­ken­der en spor­tie­we ont­werp aan die bui­te­kant en ’n styl­vol­le bin­ne­ruim. Hy voel nou meer ver­fynd op die pad en daar is ver­der op sy groot sterk­punt, sy han­te­ring, ver­be­ter. Hy sal eg­ter al­les in die stryd moet werp teen me­de­din­gers soos die Volks­wa­gen Ti­guan, Hon­da CR-V, Ford Ku­ga, Toyo­ta RAV4 en Hyun­dai Tu­c­son.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.