Nu­we truuks maak GS nog meer ge­dug

Beeld - - Bike Festival - Cy­ril Klop­per Saal vir jou ’n veld­ry­Bee­mer op

‘O upa se voet­ver­war­mers” en an­der pit­tig­he­de is wat par­ty mo­tor­fiets­ry­ers BMW se bok­ser­en­jins noem.

Dié en­jins word reeds 94 jaar deur BMW ge­bruik, en se­dert die be­kend­stel­ling in 1980 word al­le GS-mo­del­le deur ver­skeie bok­ser­en­jins aan­ge­dryf. Die eer­ste wa­ter­ver­koel­de 1200 GS is in 2013 be­kend ge­stel. Nou, ná vier jaar, het hy sy eer­ste ont­rim­pe­ling ont­vang.

Bui­ten nu­we kant­pa­ne­le wat die twee ver­koe­lers weg­steek en ’n op­ge­knap­te ka­ta­li­sa­tor is die in­stru­ment­pa­neel se uit­leg en rit­mo­dus­stel­sel ver­an­der.

Die e­lek­tro­nies ver­stel­ba­re ve­ring het drie ver­stel­lings: mi­ni­mum, ou­to­ma­ties en mak­si­mum. Eers­ge­noem­de is ge­skik vir ge­wo­ne pad­ge­bruik, ter­wyl laas­ge­noem­de lek­ker op voos­ge­trap­te grond­paaie werk. Die ou­to­ma­tie­se mo­dus ge­bruik sen­sors om jou, jou reis­maat en jul ba­ga­sie te weeg en die voor­ste en die ag­ter­ste ve­ring ou­to­ma­ties aan te pas. Dan is daar die ge­bruik­li­ke re­ën-, teer­pad-, di­na­mie­se en en­du­ro-ry­mo­dus wat BMW al ’n aan­tal ja­re ge­bruik.

Die stan­daard-GS het ook twee va­ri­a­sies – die Ex­clu­si­ve en die Ral­lye – by­ge­kry. Die Ex­clu­si­ve se en­jin en dryf­as is swart ge­verf, die rem­kny­pers is met goud ge­klad, en groot GS-plak­kers op die brand­stof­tenk her­in­ner dié rond­om jou waar­op jy ry. Dis eg­ter die Ral­lye wat al­mal aan die gons het.

’n Grap­pie lui dat GS ’n af­kor­ting vir “Geen Sand” is. Die stan­daard-1200 GS met sy klei­ne­ri­ge 19-duim-voor­wiel en voor­vur­ke met ’n skerp 64°-hoek suk­kel in­der­daad soms in los sand. Die voor­wiel ploeg te mak­lik d­wars in ’n sand­paad­jie.

BMW sê hy het by een van sy an­der fiet­se, die merk­waar­di­ge HP2 En­du­ro, ge­leer om die vurk se hoek te ver­groot en so­doen­de die as­af­stand te ver­leng. Dit le­wer glo be­ter sta­bi­li­teit op sand­paaie. ’n Groter 21-duim-voor­wiel sou die werk selfs be­ter ge­doen het, maar ten kos­te van knap han­te­ring op teer­paaie.

By die ho­ë­vo­lu­me-mo­del­le is die 1200 GS Ral­lye moont­lik die naas­te wat BMW aan KTM se jag­ge­bied kom. Die Ral­lye se skok­bre­kers het ek­stra be­weeg­ruim­te, en die grond­vry­hoog­te is 2 cm meer as ’n stan­daard-GS.

Die wind­skerm is piep­klein, Die op­ge­knap­te BMW 1200 GS het twee net­jie­se weer­ga­wes by­ge­kry: die Ex­clu­si­ve en die Ral­lye. En­jin

BMW R1200 GS

1 170 cc, wa­ter­ver­koel, bok­ser­twee­si­lin­der 92 kW

125 Nm

4,9 li­ter

244 kg

89 cm

R238 990 die mid­del­ste staan­der is ver­wy­der om ge­wig te be­spaar, en die En­du­ro Pro-rit­mo­dus ska­kel hulp­mid­dels soos vas­trap­be­heer en die ABS af, so­dat jy son­der die in­men­ging van die blik­brein op ’n grond­pad kan speel.

Die Ex­clu­si­ve is nie so ra­di­kaal an­ders as die Ral­lye teen­oor ’n stan­daard-GS nie. Die Ex­clu­si­ve wil eer­der pres­ti­ge uit­straal as om har­de­kwas gei­te te be­vre­dig.

Oor die al­ge­meen is e­ni­ge GS ’n mak­li­ke fiets om te ry. Die duik­weer­ve­ring be­heer sa­ke as jy hard moet rem, en die goeie ge­wig­ver­sprei­ding en flin­ke stuur­ak­sie is toe­geef­lik as jy die ver-

keer­de lyn deur ’n draai kies. Die rem­me is skerp ge­noeg om jou in ’n kits tot stil­stand te bring, maar nie só skerp dat die ag­ter­wiel lig nie.

Die rem­me is eg­ter dalk te ag­gres­sief vir grond­paaie – ver­al as jy die ABS af­ge­ska­kel het.

BMW het ook sy snel­rat­wis­se­laar ver­be­ter. Dit le­wer nou ak­ku­ra­te en vin­ni­ge rat­wis­se­lings son­der dat jy die kop­pe­laar hoef te trek.

Die en­jin in die jong­ste R1200 GS-reeks is on­ver­an­derd. Tog voel die krag­le­we­ring glad­der as te­vo­re en die hulp­mid­dels ge­diens­tig eer­der as in­men­gend.

Dit is straks die bes­te GS tot nog toe, mits jy die oor­aan­bod teg­no­lo­gie kan om­arm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.