Ka­per­jol­le op fiet­se by Ky­a­la­mi

Beeld - - Bike Festival - Mo­tor­re­dak­sie Vin­ni­ge fei­te

Die twee­de South A­fri­ca Bi­ke Fe­s­ti­val, of dan Suid-A­fri­ka-mo­tor­fiets­fees in jou bes­te kis­pakA­fri­kaans, be­loof om jou aan­staan­de na­week (26 tot 28 Mei) uit jou kis­pak en in jou bes­te par­ty­tjie­drag te kry.

Vir drie dae en aan­de by die nuut op­ge­knap­te Ky­a­la­mi-ren­baan gaan die twee­wie­lers jaag, spring, bol­le­ma­kie­sie maak en dood­ge­woon net lyf wys soos nooit van­te­vo­re nie.

Die pro­gram vir die Vry­dag, Sa­ter­dag en Son­dag se ver­rig­tin­ge is in­der­daad vol­ge­prop met iets vir oud en jonk.

El­ke dag is daar spog­ge­ri­ge uit­stal­lings van die land se top­ver­vaar­di­gers soos KTM, Har­leyDa­vid­son, Ya­maha, Hon­da, BMW, Du­ca­ti, Su­zu­ki, Roy­al En­field en na­tuur­lik die I­ta­li­a­ners soos MV A­gus­ta, A­pri­lia en die S­weed­se Husq­var­na.

Sa­ter­dag gaan die 1 000 cc-su­per­fiet­se ’n ren op die ren­baan hou as deel van hul Su­perGP­kam­pi­oe­ne­tro­feer­eeks so­dat jy kan sien hoe ’n mens nou eint­lik ’n twee­wie­ler se oor moet draai.

En as jy ná die ren be­gees­terd voel om ook op ’n mo­tor­fiets te klim, maar nog bie­tjie on­se­ker voel, sal die Har­ley-man­ne daar­mee kan help. By hul stal­le­tjie is daar ’n oe­fen­ma­sjien waar­op jy kan leer fiets ry ter­wyl daar ook gra­tis ry­les­se aan­ge­bied sal word.

Vir die ou­er gar­de en e­nig­een wat net nuus­kie­rig is of nos­tal­gies voel, be­hoort die uit­stal­ling van ou­er en klas­sie­ke fiet­se ook ’n be­le­we­nis te wees. 30 fiet­se is ge­kies om aan dié uit­stal­ling deel te neem.

Ons sien ook uit om die fiet­som­bou­ers in ak­sie by die fees te sien. Die for­me­le naam is die Ro­coMa­ma­som­bou­kom­pe­ti­sie en ja, die 40 fi­na­lis­te gaan in 14 ka­te­go­rieë hul han­de­werk aan die be­oor­de­laars kom voor­lê.

Die ka­te­go­rieë sluit af­de­lings in soos straat­fiet­se, café ra­cers, drie­wie­lers en fiet­se met ’n klas­sie­ke voor­koms.

Maar be­hal­we die sta­tie­se uit­stal­lings sal daar ook heel­wat reg­streek­se ak­sie op die fees­ter­rein wees.

’n Spe­si­a­le baan waar­op skaats­plank­ry­ers hul toer­tjies en Vry­dag 26 Mei Sa­ter­dag 27 Mei Son­dag 28 Mei F­lig­ht Nig­ht­ak­sie

Toe­gang

Waar Kaar­tjies en in­lig­ting 11:00 tot 20:00 09:00 tot 21:00 09:00 tot 18:30 El­ke aand van­af 18:00 R200 p.p.; kin­ders jon­ger as 10 jaar gra­tis Ky­a­la­mi­ren­baan bol­le­ma­kie­sie­truuks kan uit­voer, is op­ge­rig en dié jong­klomp gaan vir ’n fris kon­tant­prys hul slag op die wip-en-spring-baan kom wys. Dit sluit ook BMX-ja­ers in. Ons sien ver­al uit wie die “ramp champ” en bes­te toer­tjie­ja­er gaan wees.

Die hoog­te­punt op van­jaar se fiets­fees moet eg­ter se­ker­lik die Vry­dag­aand en Sa­ter­dag­aand se F­lig­ht Nig­ht-saam­trek van mu­siek, rook, brul­len­de fiet­se en baie vuur­wer­ke wees.

Mon­ster E­ner­gy het drie van sy bes­te ja­ers na die land ge­bring en dié drie­tal gaan wys hoe jy nou eint­lik deur die lug vlieg, van jou fiets klim en han­de waai, en weer te­rug op hom sit voor­dat jy land. S­pron­ge oor mon­ster­mo­tors en skou­spel­ag­ti­ge vuur­wer­ke sal be­slis die vonk in jou na­week­kruit­vat sit.

Ons sê: Moet die na­week se pret by die Ky­a­la­mi-ren­baan be­slis nie mis­loop nie.

Vas­hou, kê­rel! Die Mon­ster E­ner­gy­ja­ers gaan die ska­re die na­week by die mo­tor­fiets­fees met hul lug­toer­tjies ver­maak. Toe­gangs­tye en in­lig­ting

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.