Bi­ke Fe­s­ti­val

Beeld - - Bike Festival - Don­der­dag 18 Mei 2017

Op ’n fiets is Jungle Rush har­de­kwas

Mo­tor­re­dak­sie

A s die na­me “A­lis­tair the Ri­di­cu­lous­ness” en “Jungle Rush Dal­lan” vir jou volks­vreemd klink, wik­kel jou vin­gers na jou guns­te­ling­vir­tu­e­le kaart­jies­kan­toor.

Want mô­re- en Sa­ter­dag­aand gaan A­lis­tair Say­er en Dal­lan Gold­man aan die ska­re by die Bi­ke Fe­s­ti­val wys wat jy als langs, rond­om en bo-oor jou fiets kan doen ter­wyl jy twee ver­die­pings hoog deur die lug tui­mel.

Say­er en Gold­man, al­bei van Suid-A­fri­ka, gaan deur hul Ya­maha-vriend van A­me­ri­ka, Jim­my Hill, by­ge­staan word om die ska­re met lug­toer­tjies op hul spe­si­a­le veld­fiet­se te ver­maak.

Aan­ge­sien die ak­sie in die aand af­skop, net wan­neer die son ge­sak het, word dit heel ge­pas “F­lig­ht Nig­ht” ge­doop. En saam

met Jungle Rush en Ri­di­cu­lous­ness ag­ter die hand­vat­sels gaan T­ric­ky Nic­ky die mi­kro­foon op die ver­hoog be­man.

Nick Clar­ke is in­der­waar­heid ’n Ka­na­de­se berg­fiets­ry­er, maar ook ’n ge­sou­te aan­bie­der van jong, vro­li­ke en ak­sie­be­laai­de ge­leent­he­de – soos wat die F­lig­ht Nig­ht-aand van mo­tor­fiets­toer­tjies gaan be­hels.

T­ric­ky Nic­ky gaan die ge­sels­werk doen, en sorg dat jy die heel­tyd op die hoog­te is van wat pre­sies waar op die s­pron­ge, wal­le en in die lug ge­beur.

Iets an­ders wat die jong­klomp se aan­dag be­hoort te trek, is die twee vaar­di­ge broers B­rent en Bru­ce le Ri­che wat meer as net vaar­dig is op hul fiet­se. Van die toer­tjies waar­voor B­rent “One W­heel” en Bru­ce “One Hip Won­der” le Ri­che be­kend is, is om voor­oor met hul fiet­se te rol – en B­rent (links) en Bru­ce le Ri­che gaan wys hoe ’n mens met jou fiets om­rol en steeds ver­der kan ry.

steeds ver­der te ry.

Die F­lig­ht Nig­ht-ver­to­nings sal Vry­dag- en Sa­ter­dag­aand om 18:00 af­skop. Daar sal ’n aan­kon­di­ger wees ter­wyl mon­ster­mo­tors, vuur­wer­ke, baie rook en nog meer mu­siek jou die he­le tyd be­sig sal hou. Vaak en ver­ve­lig? Nie F­lig­ht Nig­ht nie. S­pie­ël­tjie, s­pie­ël­tjie . . . Be­oor­de­laars gaan 30 fiet­se met ’n aan­steek­bord be­trag om die net­jies­ste om­ge­bou­de fiets van die na­week te kies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.