Ry met ’n ’Bla­de by fiets­fees

Beeld - - Bike Festival - Mo­tor­re­dak­sie

As jou han­de brand om die nu­we Hon­da CBR 1000 RR Fi­re­bla­de on­der han­de te neem, is daar ’n op­los­sing.

Of een van KTM se nu­we Ad­ven­tu­re-reeks-fiet­se. Of dalk 2017 se BMW GS of Har­ley se S­treet Rod as jy eer­der diep wil sit ter­wyl jy ry . . .

Hier­die mo­del­le is en­ke­les van die so­wat 50 wat die na­week van 26 tot 28 Mei op die her­bou­de Ky­a­la­mi-ren­baan be­proef kan word.

Jy moet wel be­taal vir die rit­te en die­ge­ne wat hul skou­kaart­jies voor­af op die in­ter­net koop, kan se­ker maak hul­le kry tyd in die saal deur fiet­se vir toets­rit­te aan­lyn te be­spreek.

Dit is deel van die twee­de Suid-A­fri­kaan­se Mo­tor­fiets­skou, wat in sa­me­wer­king met die te­le­vi­sie­ka­naal Dis­co­ve­ry aan­ge­bied word.

Die de­buut­skou ver­le­de jaar was ’n groot suk­ses en dit is vir van­jaar ver­der uit­ge­brei.

Daar is baie uit­stal­lings, nie net van nu­we fiet­se nie, maar ook van toe­be­ho­re, as­ook ge­noeg te ete en drin­ke en selfs spe­si­a­le ver­maak vir die kin­ders.

Twee fiet­se wat ook aan­dag be­hoort te trek, is die A­me­ri­kaan­se re­tro­ver­vaar­di­ger In­di­an se S­cout 60, as­ook die Zon­tes P­hantom 250 – ’n nu­we plaas­li­ke fiets.

Meer as een kom­pe­ti­sie vir her­bou­de mo­tor­fiet­se vind plaas en Har­ley-Da­vid­son, wat be­sluit het om in 2017 “groot te gaan”, wys ook die bes­te deel­ne­mers aan sy Batt­le of the Kings-om­bou­kom­pe­ti­sie.

Vir die­ge­ne wat dit nog nie op die baan wil waag nie, of wat nog ’n ry­be­wys moet kry, kan hoe­ka by HD se stal­le­tjie voel hoe een van hier­die V2’s ry deur op een te klim wat aan rol­lers vas­ge­maak is – dit staan be­kend as Har­ley se Jump S­tart-pro­gram.

Hul­le gaan ook ’n nu­we S­treet Rod weg­gee.

Ya­maha be­plan ook om ’n R1sport­fiets aan ’n ge­luk­ki­ge be­soe­ker weg te gee.

Kaar­tjies is ook be­skik­baar vir ’n ge­luk­ki­ge trek­king waar­in ’n Vic­to­ry Cu­stom Jud­ge ter waar­de van R246 000 ge­wen kan word.

Die geld wat in­ge­sa­mel word, sal aan die Re­ach for a D­re­am­stig­ting ge­skenk word.

Daar sal ook ge­noeg waag­hal­se wees wat na­mens be­soe­kers die a­dre­na­lien laat vloei, as­ook praat­jies, on­der meer deur Joey E­vans, die ge­strem­de KTM-ja­er wat in Ja­nu­a­rie die moor­den­de Da­kar-tyd­ren vol­tooi het.

Ry­ers kan ook Son­dag 28 Mei aan die mas­sa­rit deel­neem wat om 08:00 by die Fai­r­land-win­kel­sen­trum in Rand­burg be­gin. Die reu­se­stoet sal aan die ein­de van die rit twee keer om die ren­baan ry.

Dit kos R40 om daar­aan deel te neem en dié geld sal ook aan lief­da­dig­heid ge­skenk word.

Daar sal ge­noeg waag­hal­se wees wat na­mens be­soe­kers die a­dre­na­lien sal laat vloei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.