GTC­ja­ers – en die res – sit stryd voort in Oos­Lon­den

Beeld - - Motorsport - Mo­tor­re­dak­sie

’N

Be­si­ge na­week wag op SuidA­fri­kaan­se mo­tor­sport­gees­drif­ti­ges met ’n ewe woe­li­ge na­week wat pas ag­ter die rug is.

Sa­ter­dag is dit tyd vir die na­si­o­na­le baan­ren­ne in Oos-Lon­den met die room van Suid-A­fri­kaan­se ja­ers, mo­tors en mo­tor­fiet­se wat me­kaar die stryd op dié ge­skied­kun­di­ge Grand P­rix­ren­baan gaan aan­sê.

Die hoof­dis op die pe­tro­len-rub­ber­spys­kaart is die Sa­sol GTC-bri­ga­de in hul om­ge­bou­de pro­duk­sie­ren­mo­tors waar die Gau­teng­se ja­er Gen­na­ro Bo­n­a­fe­de sal pro­beer om sy BMW vir die vier­de keer in vyf ren­ne eer­ste oor die wen­streep te stuur. Die plaas­li­ke guns­te­ling sal Si­mon Moss van Port E­li­za­beth in sy Au­di wees wat graag sy staal voor sy buur­ska­re sal wil wys. Die Kaap­se ja­er Jo­han Fou­rie (BMW) sal die WP­vlag hoog hou ter­wyl ’n string ja­ers uit Gau­teng, die Vry­staat en K­waZu­luNa­tal in die GTC-ren­ne en an­der ren­for­mu­les ook hul merk in Oos-Lon­den sal pro­beer maak.

On­der hul­le is deel­ne­mers aan die der­de ron­de van die 2017-Ex­tre­me Fe­s­ti­val, met ren­ne in drie na­si­o­na­le reek­se (die Sa­sol GTC-reeks, die En­gen VW­be­ker en die For­mu­la 1600ren­ne) wat sa­ke gaan uit­spook.

An­der ren­ne wat ook op die baan ge­hou gaan word, sluit die Noor­de­li­ke S­tre­ke se kam­pi­oen­skaps­reeks vir Su­per­mo­tors, VW-Uit­daag­reeks en die T­hun­der Bi­ke­mo­tor­fiets­reeks in.

Die ge­skied­kun­di­ge OosLon­den­se Grand P­rix-baan het Suid-A­fri­ka se heel eer­ste Grand P­rix in 1934 aan­ge­bied voor­dat dit deur die Twee­de Wê­reld­oor­log on­der­breek is. Baan­ren­ne is in 1960 weer her­vat met die SA Grand P­rix wat weer in 1964, ’65 en ’66 ge­hou is. Ja­ers soos Jim Clark, Gra­ham Hill, John Sur­tees en Jack Bra­bham in Coopers, Lo­tus­se, BRM’s en Fer­ra­ri’s het hier ’n draai kom maak.

Sa­ter­dag se GTC-ren­ne be­hels ook die GTC2-mo­tors met nu­we­lin­ge soos Dai­ne An­gel van Kaap­stad (Hon­da Ci­vic Ty­pe R) en Ko­sie Wey­ers in ’n C­hev­ro­let Cru­ze wat teen VW Mo­tor­sport se 17-ja­ri­ge Ke­a­gan Mas­ters (wat drie van die vier ren­ne tot dus­ver in sy Golf GTI ge­wen het) te staan kom.

En dan is daar ook die ge­wil­de VW Po­lo­be­ker-ren­ne waar al die ja­ers in i­den­tie­se mo­tors jaag en wat tel­kens nu­we wen­ners op­le­wer. On­der hul­le is drie 16-ja­ri­ges, Da­niel Du­miny, Et­han van Heer­den en die be­lo­wen­de Gi­or­da­no Lu­pi­ni.

Die Kaap­se ja­er Ju­li­an van der Watt oor­heers die For­mu­le 1600-reeks tot dus­ver van­jaar, ter­wyl die Oos-Lon­den-by­een­koms ook deur die Su­per­mo­tor-ren­ne met Fer­ra­ri’s, Vi­pers, Porsches en ’n string haas­ti­ge BMW’s op­ge­kik­ker sal word.

■ Wat die af­ge­lo­pe na­week be­tref, het Toyo­ta se twee Hi­lux-Da­kar-bak­kies kor­te met­te van die Batt­le­fields 400-veld­ren in K­waZu­lu-Na­tal ter voor­be­rei­ding vir hul 2018-Da­kar-aan­slag ge­maak. Maar an­ders as ge­woon­lik het Ford dié keer Klas T vir pro­duk­sie­voer­tuie voor die neus van Toyo­ta op­ge­raap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.