Mo­toGP: E­ni­ge van 4 kan voor­loop

Beeld - - Motorsport - Dirk Jor­daan

Net 10. Dit is die pun­te­ver­skil tus­sen die voor­lo­per in die Mo­toGP­reeks en die ja­er wat vier­de op die lys is.

Ná vier ren­ne (uit die 18 waar­uit die sei­soen be­staan) is Va­len­ti­no Ros­si voor op sy fa­brieks-Ya­maha met 62 pun­te. Ma­ve­rick Viña­les, sy span­maat, is net twee pun­te ag­ter hom en Marc Már­quez, die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen op die Rep­sol Hon­da, is twee ag­ter Viña­les.

Da­ni Pe­dro­sa, wat die vo­ri­ge ren in Je­rez, S­pan­je, ge­wen het, is vier­de met 52 pun­te.

Selfs die lei­er van ons land sal daar­die som kan maak – e­nig­een van die vier kan ná Son­dag voor­loop in die kam­pi­oen­skap.

Viña­les het al twee ren­ne ge­wen en die twee Hon­da-ja­ers, Már­quez en Pe­dro­sa, een elk. Ros­si is eg­ter voor, al het hy nog nie ’n ren ge­wen nie van­weë sy twee twee­de plek­ke en een der­de plek.

Die top­ja­ers gaan dus le­lik kop­stamp op Le Mans in Frank­ryk.

Die e­nig­ste Fran­se ja­er wat gaan aan­tree, Jo­hann Zar­co, kan boon­op hul kaar­te deur­me­kaar krap op sy Tech3 Ya­maha.

Zar­co het nie net die tuis­baan­voor­deel nie, maar is ook wit­warm. Hy is ’n twee­ma­li­ge wen­ner van die Mo­to2-kam­pi­oen­skap en het van­jaar reeds twee keer vyf­de en een keer vier­de ge­ëin­dig. Sy plek is vir een of an­der tyd op die wen­ners­rostrum be­spreek.

Boon­op is die twee Du­ca­ti-ja­ers, And­rea Do­vi­zi­o­so en Jor­ge Lo­ren­zo, stel­sel­ma­tig ook be­sig om al hoe be­ter te ver­toon. Hul­le was twee we­ke ge­le­de on­der­skei­de­lik vyf­de en der­de. Die ja­ers gaan be­hoor­lik deur die Fran­se baan ge­toets word. Dit is ’n per­ma­nen­te ren­baan wat deel vorm van die groter 24 uur-uit­hou­ren­baan.

Dit is 4,2 km lank en het vyf links­om- en ne­ge regs­om­draaie. Die draaie is be­son­der skerp en kan sy tol eis wat ban­de en rem­me be­tref. Die pyl­vak is maar 674 m lank. Ros­si hou steeds die baan­re­kord van 1:32:879, op­ge­stel in 2015. ■ Volg die ak­sie Son­dag reg­streeks op Su­perS­port 202 van­af 14:00.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.