Golf draf weer fluks ná reg­trek

Beeld - - Nuwe Model - Mar­nus Hat­tingh Die Golf draf steeds fluks

Hy is die skoon­ge­sig-hoof­seun in die klas; die ou­tjie met die ge­kam­de kuif en die e­re­kleu­re­baad­jie. Ja, Volks­wa­gen se Golf GTI is pre­sies wat jy van hom ver­wag, met ’n raps op die sit­vlak by­ge­voeg.

Wolfs­burg se be­kend­ste mo­tor­fa­bri­kaat het pas sy Golf-reeks op­ge­knap en die voor­koms met ’n paar kwas­ha­le ver­fris. In die pro­ses is twee mo­del­le se en­jins ’n bie­tjie krag­ti­ger ge­maak. Ook is meer toe­rus­ting nou stan­daard in die reeks te kry.

Wat is nuut?

Vi­su­eel is net die buf­fers en die lig­te ver­an­der. Die voor­ste buf­fer het ’n plat­ter roos­ter. Die hoof­lig­te se hul­sels vou ’n raps ver­der om die hoe­ke. El­ke li­g­een­heid het nou ’n streep LED-lam­pies bo­aan wat reg­deur die dag skyn, ter­wyl top­mo­del­le LED-hoof­lig­te het.

Die flik­ker­lig­te (voor en ag­ter) is voort­aan di­rek­si­o­neel: Soos die geel lig met el­ke flik­ker­slag aan­gaan, word die lam­pies van bin­ne na bui­te aan­ge­ska­kel.

Bin­ne is eg­ter die bes­te nuus: Die ra­dio met sy grys voor­koms en let­ters en sy­fers wat lyk of dit uit die dae van groen re­ke­naar­skerms da­teer, is ver­vang deur een met ’n groter raak­skerm. En die beeld is stuk­ke be­ter. Soos mo­der­ne ra­dio’s is dit nou in vol­kleur uit­ge­rus met ’n skerp let­ter­ti­pe en ’n prag­ti­ge kon­tras so­dat al­les mak­lik lees­baar is.

Drie skerm­groot­tes is te kry. Die duur­ste mo­del­le kry die groot­ste een

Druk die knop­pie

Op­si­o­neel kan jy vir die GTI ook ’n di­gi­ta­le pa­neel voor die be­stuur­der kies. Soos dit reeds in Au­di’s moont­lik is, kan jy die pa­neel se voor­koms met die druk van ’n knop­pie ver­an­der om óf ’n tra­di­si­o­ne­le beeld (toe­re- en spoed­naald) na te boots óf die he­le skerm ’n groot pad­kaart te maak wan­neer jy in ’n stad moet na­vi­geer.

Die sen­tra­le raak­skerm se beeld kan met vee­be­we­gings van die vin­ger “aan­ge­blaai” word; en jy kan die pad­kaart ook met ’n knyp­be­we­ging laat uit­zoem, soos op jou slim­foon se skerm. Jy kan ook “om­blaai” met hand­be­we­gings in die lug voor die skerm.

In­te­res­sant is dat met die ge­bruik van dié nu­we, groter raak­skerm VW nou min­der knop­pies op die voor­pa­neel no­dig het. Jy het dus net twee ska­ke­laars Hoe rooi­er hoe haas­ti­ger! Volks­wa­gen se op­ge­knap­te Golf GTI het ’n paar kos­me­tie­se ver­an­de­rings on­der­gaan, maar die gaaf­ste nuus is dat die twee­li­ter­tur­bo ek­stra spier­krag het.

(vir die lug­ver­sor­ging). Die an­der, soos dié vir die vo­lu­me en die ra­di­o­sta­sie, is in die raak­skerm op­ge­neem.

Drie en­jins is in die reeks te kry. Die een­li­ter­tur­bo vorm die ba­sis. Dan volg ’n 1.4-li­ter-tur­bo, en die GTI se twee­li­ter­tur­bo maak die top­mo­del uit.

Meer woe­ma

Die een­li­ter het weer on­der die witjas­se se han­de deur­ge­loop en le­wer nou 81 kW en 200 Nm wring­krag, ’n aks be­ter as te­vo­re. Dit is heel goed teen­oor Ford se 1.0-li­ter-E­coBoost, wat al me­nig­maal as En­jin van die Jaar aan­ge­wys is.

Nes die Ford-en­jin het die Golf se een­li­ter net drie si­lin­ders.

Die 1.4-li­ter het lank­laas aan­dag ge­niet. Dit is ook in sy sy­fers te sien (92 kW, 200 Nm). Trou­ens, sy wring­krag is i­den­ties aan die een­li­ter s’n, al is sy slag­vo­lu­me 40% groter. Jou e­mis­sies en ver­bruik is ’n raps swak­ker. Koop jy die 1.4-li­ter, baat dit jou wel met ’n def­ti­ger af­wer­kings­vlak.

Die spog­kind in die fa­mi­lie is die GTI. Ook hý is deur die in­ge­ni­eurs by­ge­kom, en sy twee­li­ter­tur­bo le­wer nou 169 kW (+ 7 kW). Die wring­krag (350 Nm) bly on­ver­an­derd.

Daar is steeds drie rit­mo­dus­se, wat on­der meer jou stuur­ak­sie, rat­ska­ke­ling en sen­si­ti­wi­teit van die dem­ping en die ver­snel­ler­pe­daal af­fek­teer. Nut­tig is dat jy ook in In­di­vi­du­al-mo­dus al­les kan ver­stel in die kom­bi­na­sie wat jou smaak per­fek pas.

In Sport-mo­dus gee die uit­laat ’n heer­li­ke diep knor dank­sy ’n klep wat in die uit­laat oop­gaan on­der har­de ver­snel­ling.

An­der­sins is sa­ke steeds heel sub­tiel wat die vi­su­e­le be­tref, bin­ne en bui­te die GTI.

Mooi sier­wie­le en ’n swart heu­ning­koek­roos­ter by die sier­roos­ter wys saam met die klein druk­vlerk ag­ter en die dub­be­le uit­laat­py­pe dat jou Gol­fie g’n ge­wo­ne straat­kat is nie.

Bin­ne kry jy ook die sport­sit­plek­ke met rooi stik­werk, die vet stuur­wiel en die groot ra­dio.

Die rat­kas is VW se ses­gang­ou­to­ma­tie­se DSG-’kas (dub­bel­kop­pe­laar). Die an­der Golfs kry ’n se­wegang-DSG-rat­kas. VW sê ter ver­dui­de­li­king die ses­gang-rat­kas kan die GTI se ho­ër wring­krag be­ter han­teer as die se­wegang-rat­kas.

Op die pad loop die GTI so se­kuur soos ’n In­kom­ste­diens-a­gent wat jou ag­ter­stal­li­ge in­be­ta­lings wil hê. Die klank­dem­ping is puik. By e­ni­ge snel­heid kan jy die hand van die stuur lig en loop hy as­of op trein­spo­re.

In draaie voel hy ge­plant; en dank­sy die pe­da­le ag­ter die stuur kan jy die slim rat­kas net met ’n tik-tik laat weet jy wil ’n rat of twee la­er gaan.

Slot­som

Die op­ge­knap­te Golf sit nie ’n voet ver­keerd nie. Ver­an­de­rings is so sag­kens aan­ge­bring soos ’n SuidA­fri­kaan­se duik­slag op ’n Ki­wi-aan­val­ler. Ja, as die re­sep werk soos Ou­ma se melk­tert, hoe­kom daar­aan kar­ring? vra ons ook.

■ Jy kan ’n knoop in die oor maak vir Ju­lie, wan­neer VW sy warm­ste die­sel­mo­del, die GTD, na Suid-A­fri­ka bring. Ook die Golf R sal dan plaas­lik be­kend ge­stel word. En­jin

Prys

1.0 TSI

999 cc, drie si­lin­ders, tur­bo

81 kW

200 Nm

9.9 sek.

4,8 li­ter ses­gang (hand.) R289 900 (T­rend­li­ne) R304 200 (Com­fort­li­ne) 1 395 cc, vier si­lin­ders, tur­bo 92 kW

200 Nm

9.1 sek.

5,2 li­ter se­wegang (out.) 1 984 cc, vier si­lin­ders, tur­bo 169 kW 350 Nm

6.4 sek.

6,4 li­ter ses­gang (out.)

Fo­to’s: QUICKPIC 1.4 TSI 2.0 TSI GTI

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.