HOE MEER ANC VERSWAK, HOE GROTER DIE RASRETORIEK, SÊ DIRK HERMANN

So­li­da­ri­teit se klag­te oor ras­se­dis­kri­mi­na­sie by die Ver­e­nig­de Na­sies is nie ’n kits­op­los­sing nie. Dis een van die py­le in So­li­da­ri­teit se ko­ker om op sy eie en u­nie­ke ma­nier te st­rug­gle, skryf Dirk Hermann.

Beeld - - Voorblad -

Weet jy wie Pen­ny S­par­row is? Na­tuur­lik, sy is die ras­sis wat oor swart Suid-A­fri­ka­ners, wat Nu­we­jaar op die strand ge­vier het, ge­sê het hul­le is a­pies wat op Nu­we­jaars­aand en Nu­we­jaars­dag vry­ge­laat word en dat hul­le dui­de­lik nie op­ge­voed is nie.

Jy het voor dié in­si­dent nie van Pen­ny S­par­row ge­weet nie, want sy was ’n on­be­ken­de ei­en­doms­a­gent van K­waZu­lu-Na­tal met geen in­vloed op die groter Suid-A­fri­kaan­se dis­koers nie.

Vol­gens Melt­wa­ter (’n maat­skap­py wat die me­dia mo­ni­tor) het me­di­a­dek­king oor haar uit­la­tings 4 501 tref­slae ge­had. Daar­na het al­mal ge­weet wie sy is.

Weet jy wie Chris Hart is?

Ja, hy is een van Suid-A­fri­ka se to­p­e­ko­no­me, maar hy is dees­dae be­ken­der daar­voor dat S­tan­dard Bank hom ge­skors het om­dat hy ge­sê het: “Mo­re than 25 y­e­ars af­ter a­part­heid en­ded, the victims are in­cre­a­sing al­ong with a sen­se of en­tit­le­ment and ha­tred to­wards mi­no­ri­ties.”

Vir dié soort “haat­spraak” het hy vol­gens Melt­wa­ter 1 155 tref­slae in die me­dia ge­kry.

Dalk weet jy wie Ve­laphi K­hu­ma­lo, die sport­pro­mo­tor by die Gau­teng­se de­par­te­ment van sport, kul­tuur en ont­span­ning, is.

Hy het ge­sê hy wil die land van al­le wit men­se rei­nig. Hy meen daar moet op­ge­tree word soos wat Hit­ler teen­oor die Jo­de op­ge­tree het. “U Must be bus­hed a­li­ve and skin­ned and your off springs u­sed as gar­den fer­ti­li­ser (sic).”

Mooi taal is dit nie, maar dié haat­spraak haal 136 tref­slae. Jy sou hom dus waar­skyn­lik nie ken nie.

Ons al­mal ken Ju­li­us Ma­le­ma – die mees­ter van haat­spraak.

Hy is die man wat ge­sê het: “We are not cal­ling for the slaug­h­ter of whi­te pe­op­le, at le­ast for now . . .”

Vir hier­die uit­spraak kry Ju­li­us Ma­le­ma 163 me­di­a­tref­slae. Dit is 27 keer min­der as S­par­row se op­mer­kings en se­we keer min­der as Hart s’n.

Die Men­se­reg­te­kom­mis­sie (MRK) moet as die wag­hond oor haat­spraak en ras­sis­me op­tree en hul­le on­der­soek S­par­row en Hart uit eie be­we­ging. Hul­le on­der­soek nie K­hu­ma­lo en Ma­le­ma nie.

Hier­die ge­val­le is nie uit­son­de­rings nie, maar ’n ten­dens wat So­li­da­ri­teit baie vol­le­di­ger in sy ver­slag oor die on­der­werp be­lig.

Suid-A­fri­ka dien as ’n i­de­a­le ge­val­le­stu­die waar ras ge­bruik word om men­se op te sweep en te mo­bi­li­seer. Hoe meer die ANC verswak, hoe groter die ras­se­re­to­riek.

Hul­le sê: “Die pro­ble­me is nie as ge­volg van ons nie, maar as ge­volg

van jul­le.”

“Dit het be­gin toe Jan van Rie­beeck hier aan­ge­kom het.” Jan van Rie­beeck is p­res. Ja­cob Zu­ma se ko­de­woord vir wit men­se. Hul­le is die pro­bleem en pro­ble­me moet op­ge­los word.

Van wit men­se word vreem­de­lin­ge ge­maak. Die pre­mier van Noord­wes, Su­pra Ma­hu­ma­pe­lo, sê in Co­li­gny wit men­se moet weet hul­le is vreem­de­lin­ge.

Ma­le­ma sê ook wit men­se is vreem­de­lin­ge en hul­le moet hul­le ge­dra. Dít is die taal van vreem­de­lin­ge­haat teen­oor eie bur­gers.

Men­se met ge­sag ver­leen le­gi­ti­mi­teit aan die haat­in­skry­wings wat ge­wo­ne men­se op so­si­a­le me­dia doen en bied reg­ver­di­ging vir ak­sies op grond­vlak, soos wat in Co­li­gny ge­beur het.

So­li­da­ri­teit het be­sluit dat daar nie meer stil­ge­bly durf word oor ras­sis­me in die al­ge­meen en oor die dub­be­le stan­daar­de wat oor ras­sis­me geld nie.

Ons volg ’n twee­le­di­ge stra­te­gie. Die een stra­te­gie se fo­kus is plaas­lik en die an­der se fo­kus is in­ter­na­si­o­naal.

Plaas­lik is ’n klag by die MRK in­ge­dien en ’n pe­ti­sie is by die par­le­ment in­ge­dien. Ons is eg­ter skep­ties oor suk­ses by die plaas­li­ke wag­hond, want ons moes kla by die­ge­ne oor wie ons wil kla.

Wat die in­ter­na­si­o­na­le stra­te­gie be­tref, is drie klag­te vir voor­leg­ging aan ver­skil­len­de in­stel­lings van die Ver­e­nig­de Na­sies (VN) voor­be­rei.

Die eer­ste klag han­del oor ras in sport en in die werk­plek en is ge­rig aan die In­ter­na­si­o­na­le Ar­beids­or­ga­ni­sa­sie; die twee­de han­del oor haat­spraak en vreem­de­lin­ge­haat wat aan die VN se Men­se­reg­te­kom­mis­sie voor­ge­lê is; en die der­de klag is by die VN se ko­mi­tee vir die uit­wis­sing van al­le vor­me van ras­se­dis­kri­mi­na­sie (CERD) in­ge­dien.

In­ter­na­si­o­na­le reg en kon­ven­sies maak deel uit van die Suid-A­fri­kaan­se reg en is dus ook deel van ons de­mo­kra­sie.

Om daar­van ge­bruik te maak is so nor­maal soos om hof toe te gaan of om ’n voor­leg­ging aan die par­le­ment te maak.

Dit gaan hier oor niks an­ders nie as om ge­bruik te maak van in­ter­na­si­o­na­le bes­te prak­tyk waar­oor lid­lan­de oor­een­ge­kom het en oor hul oor­een­koms om as wag­hon­de vir me­kaar op te tree.

Om hul rol na be­ho­re te kan ver­vul be­no­dig hier­die in­ter­na­si­o­na­le in­stru­men­te eg­ter bur­ger­li­ke or­ga­ni­sa­sies, en daar­van is die gan­ge by die VN vol.

Die ter­saak­li­ke VN-kon­ven­sies waar­op ons klag ge­grond is, fo­kus ver­al op die be­kam­ping van haat­spraak deur men­se met ge­sag, of

soos die kon­ven­sie dit stel, men­se met ver­ti­ka­le in­vloed.

Die re­de waar­om die VN-lig­ga­me so sterk voel oor maat­re­ëls om op te tree teen die Ju­li­us Ma­le­mas, Ja­cob Zu­mas en die Su­pra Ma­hu­ma­pe­lo’s is juis om min­der­he­de te be­skerm.

’n De­mo­kra­sie word ge­ken aan sy ver­moë om min­der­he­de te be­skerm. Meer­der­he­de ver­kry be­sker­ming dank­sy hul ge­tal­le en die ge­sag wat daar­uit voort­spruit.

Dit is iets wat Zu­ma by­voor­beeld nie ver­staan nie. Op 13 Sep­tem­ber 2012 het hy in die par­le­ment ge­sê: “Sor­ry, we ha­ve mo­re rig­hts he­re be­cau­se we are a ma­jo­ri­ty. You ha­ve fe­wer rig­hts be­cau­se you are a mi­no­ri­ty. Ab­so­lu­te­ly, that’s how de­mo­cra­cy works. So, it is a que­s­ti­on of accep­ting the ru­les within de­mo­cra­cy and you must o­pe­ra­te in them.”

Hier­die uit­spraak is op sig­self ver­keerd en ge­vaar­lik.

Ge­bruik­ma­king van in­ter­na­si­o­na­le in­stru­men­te is vir die ANC nie vreemd nie, maar vir baie wit SuidA­fri­ka­ners is dit vreemd en hul­le staan selfs skep­ties daar­teen­oor.

Daar be­staan eg­ter ui­ters doel­tref­fen­de in­stru­men­te wat ge­bruik kan word. Dié in­stru­men­te vorm eg­ter deel van ’n groot leg­kaart en bied geen kits­op­los­sing nie.

Een wy­se lid van CERD het ver­le­de jaar in ’n pri­va­te ge­sprek vir ons

ge­sê: “If you want a quick win, you don’t co­me he­re. You co­me he­re to in­flu­en­ce, to in­flu­en­ce, to in­flu­en­ce. You ha­ve a good ca­se, now you must ha­ve en­du­ran­ce.”

So­li­da­ri­teit het ver­le­de jaar al die eer­ste suk­ses by die VN, in die vorm van guns­ti­ge aan­be­ve­lings, ge­smaak.

Ons kon van­jaar al ag­ter­kom dat ons die po­li­tiek, die nu­an­ses en die pro­ses­se van die VN heel­wat be­ter ver­staan. Ons be­gin die sleu­tel­men­se ken. Ons loop hul­le raak in die gan­ge en op trei­ne. Ons is be­sig om te be­ïn­vloed.

Ons mag nie stil­bly oor e­ni­ge vorm van haat­spraak nie. Ons mag nie toe­laat dat e­ni­ge groep ont­mens­lik of ge­kri­mi­na­li­seer word nie, des te meer nie as dié groep ’n min­der­heid is nie.

Die in­ter­na­si­o­na­le reg en kon­ven­sies maak dit dui­de­lik en daar kan ge­rus meer van die in­stru­men­te ge­bruik ge­maak word.

So­li­da­ri­teit ver­wag nie ’n kits­op­los­sing van die Ver­e­nig­de Na­sies nie.

Dit is maar een pyl in ons groot ko­ker, maar el­ke pyl is no­dig vir ’n toe­koms waar­in ons vry, vei­lig en voor­spoe­dig kan leef. Wat ons wel al hoe be­ter be­gin reg­kry, is die kuns om op ons eie u­nie­ke ma­nier te st­rug­gle.

■ Dr. Dirk Hermann is be­stuurs­hoof van So­li­da­ri­teit.

Dr. Dirk Hermann (links), be­stuurs­hoof van So­li­da­ri­teit, saam met Jo­han Kru­ger, ad­junk­hoof­be­stuur­der van So­li­da­ri­teit, by die streek­hoof­kan­toor van die Ver­e­nig­de Na­sies in Genè­ve, S­wit­ser­land. Fo­to: ELRICH YSSEL

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.