Die ein­de van braai­vleis, son­skyn en C­hev­ro­let

Beeld - - Voorblad - O­det­te Par­fitt en Ros­lyn Baat­jies

Tot 1 500 men­se kan hul werk kwyt wees wan­neer Ge­ne­ral Mo­tors Suid-A­fri­ka (GMSA) ein­de van­jaar die lei­sels van sy aan­leg­te in Port E­li­za­beth aan I­su­zu Mo­tors Suid-A­fri­ka oor­han­dig.

GMSA het gis­ter op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie aan­ge­kon­dig dat I­su­zu sy aan­leg in S­tru­an­da­le en sy on­der­de­le ver­sprei­ding sen­trum sal oor­neem. I­su­zu koop ook GMSA se 30%-be­lang in die I­su­zu-vrag­mo­tor­aan­leg in Port E­li­za­beth.

Die ver­vaar­di­ging van C­hev­ro­let-voer­tuie sal bin­ne maan­de ge­staak word, se Ian Ni­cholls, be­stu­ren­de di­rek­teur van GMSA.

Hy en Ha­ruy­a­su Ta­nis­hi­ge, se­ni­or uit­voe­ren­de hoof van I­su­zu Mo­tors se ver­koops­af­de­ling, wou nie sê hoe­veel pos­te moont­lik in ge­drang is nie.

Die be­sluit is deur Ge­ne­ral Mo­tors se in­ter­na­si­o­na­le af­de­ling ge­neem “na aan­lei­ding van ’n ver­leng­de her­sie­nings­pro­ses”, het Ritch S­chaafs­ma, GM In­ter­na­ti­o­nal se ad­junk­pre­si­dent, ge­sê. “Dit is nie deur plaas­li­ke po­li­tie­ke of e­ko­no­mie­se toe­stan­de be­ïn­vloed nie, maar deur die plek­ke waar GM glo hy die bes­te op­brengs op be­leg­gings sal kry.”

Tog het Ge­or­din Hill-Le­wis, DA-woord­voer­der oor han­del en ny­wer­heid in die par­le­ment, pres. Ja­cob Zu­ma die skuld vir dié be­sluit ge­gee. “Ná die pre­si­dent se roe­ke­lo­se mid­der­nag­te­li­ke ka­bi­net­skui­we en die daar­op­vol­gen­de af­gra­de­ring van ons kre­diet­sta­tus is GMSA se ont­trek­king net één van ’n groei­en­de lys van bui­te­land­se be­leg­gers wat ver­troue in ons suk­ke­len­de e­ko­no­mie ver­loor.”

MC Bo­tha, ad­junk­pre­si­dent van die Nel­son Man­del­al­baai­sa­ke­ka­mer, sê hoe­wel die sa­ke­ka­mer hart­seer is oor die be­sluit, ver­wel­kom hy die nuus dat die nu­we I­su­zu-sa­ke­plan ver­vaar­di­ging in Nel­son Man­de­la­baai sal voort­sit.

Dr. Rob Da­vies, mi­nis­ter van han­del en ny­wer­heid, meen die be­dryf se toe­koms is po­si­tief, “aan­ge­sien be­lang­heb­ben­des ’n mees­ter­plan vir Suid-A­fri­ka sal fi­na­li­seer met die oog op groei­en­de bin­ne­land­se pro­duk­sie­vo­lu­mes en waar­de­toe­voe­ging”.

Die me­taal­wer­kers­vak­bond Num­sa, wat blyk­baar nie voor­af oor GM se be­sluit in­ge­lig is nie, sê hy sal ’n regs­me­ning in­win. So­wat 500 van sy le­de werk in die C­hev­ro­let-aan­leg.

C­hev­ro­let se ken­te­ken op ’n mo­tor. Die maat­skap­py se voer­tuig­ver­vaar­di­ging in Suid­A­fri­ka sal bin­ne maan­de be­ëin­dig word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.