Plak­ka­te: Tuk­kies dalk ge­skors

Beeld - - Voorblad - And­rea K­ü­sel

Stu­den­te aan die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria (UP) kan ge­skors word na­dat ’n her­rie ont­staan het oor aan­stoot­li­ke plak­ka­te wat by die u­ni­ver­si­teit se ser­rie-kom­pe­ti­sie ver­toon is.

Die UP stel nou vas wie die stu­den­te is en ’n tug­pro­ses sal volg, sê Ri­kus Del­port, UP­woord­voer­der. Han­gen­de die uit­slag daar­van kan die stu­den­te ge­skors word.

Prof. C­heryl de la Rey, UP­rek­tor, het gis­ter­mid­dag in ’n brief aan ou­ers en stu­den­te ge­sê sy ver­staan hul te­leur­stel­ling.

“Ons be­na­druk dat hier­die op­tre­de stry­dig is met die ge­drags­ko­de wat al­le stu­den­te by re­gis­tra­sie on­der­te­ken en waar­aan al­mal te al­le tye moet vol­doen.”

In­tus­sen is be­sluit om van­jaar se ser­rie-eind­ron­de af te las.

Hier­oor sê A­friForum Jeug die u­ni­ver­si­teit oor­re­a­geer.

Die be­sluit om die ser­rie af te las, straf in we­se dié stu­den­te wat hard ge­oe­fen het om aan ’n op­bou­en­de stu­den­te­tra­di­sie deel te neem pleks daar­van dat teen en­ke­le in­di­vi­due op­ge­tree word wat hul­le nie kan ge­dra nie, sê Ja­co Grob­be­laar, A­friForum Jeug se Tuks-ko­ör­di­neer­der.

Grob­be­laar sê A­friForum Jeug is ge­kant teen die kras­heid op van die plak­ka­te wat Dins­dag­aand ten ty­de van ’n ser­rie-op­tre­de om­hoog ge­hou is, maar die plak­kaat­tra­di­sie moe­nie ge­staak word nie.

Op van die plak­ka­te is ge­skryf: “Kan ek ’n ba­ba in jou sit?” en “Wys my jou t***e”.

Grob­be­laar meen die bo­haai word ver­oor­saak deur Da­so, die DA se stu­den­te­or­ga­ni­sa­sie op Tuks wat ’n a­gen­da op die kam­pus dryf. Vol­gens hom het Da­so fo­to­gra­we na die by­een­koms ge­stuur juis om fo­to’s te neem wat aan die me­dia ver­skaf kan word.

Se­bas­ti­an Biel­der­man, voor­sit­ter van Da­so-Tuks, sê dit is nie so nie. K­we­na Mo­lo­to, voor­ma­li­ge voor­sit­ter van Da­so-Tuks wat nog lid van die or­ga­ni­sa­sie is, het Dins­dag­aand ten ty­de van die ge­leent­heid op sy Fa­ce­book-blad ge­skryf die ser­rie en die kul­tuur wat dit kweek, walg hom.

“’n Kul­tuur wat die ob­jek­ti­ve­ring en sek­su­a­li­se­ring van vroue nor­ma­li­seer,” het hy ge­skryf.

Fe­ze­ki­le M­si­mang, ’n fo­to­joer­na­lis en UP-stu­dent, het Mo­lo­to se in­skry­wing op­ge­merk en hom ge­vra waar die ge­leent­heid ge­hou word om­dat hy fo­to’s wou neem.

Mo­lo­to sê hy het die fo­to­joer­na­lis in sy per­soon­li­ke hoe­da­nig­heid en as stu­den­te­ak­ti­vis in ken­nis ge­stel.

Biel­der­man sê Da­so on­der­steun die be­sluit om van­jaar se ser­rie-eind­ron­de af te stel, maar hoop dat dit nie die ein­de van die saak is nie.

“Die u­ni­ver­si­teits­be­stuur moet stap­pe teen die skul­di­ges doen.”

Biel­der­man sê die voor­val is ’n simp­toom van die kul­tuur in mans­kos­hui­se.

“Dit het ou­kei ge­word dat man­stu­den­te on­smaak­li­ke, sek­sis­tie­se din­ge sê son­der dat hul­le ver­ant­woor­de­lik ge­hou word daar­voor.”

Mo­lo­to sê dat die bur­ger­li­ke sa­me­le­wing as ge­heel ge­re­a­geer het en nie net die stu­den­te­ge­meen­skap nie, wys dat daar ’n pro­bleem met die kos­huis­kul­tuur is.

“Kos­huis­stu­den­te ver­de­dig die voor­val net om­dat dit oor baie ja­re ge­nor­ma­li­seer is,” sê Mo­lo­to.

Die UP het gis­ter­og­gend in ’n ver­kla­ring ge­sê hy ver­wel­kom dit dat die Tuks-kos­huis­raad die ser­rie-eind­ron­de af­ge­las het.

“Dit sal ’n dui­de­li­ke bood­skap oor­dra dat neer­ha­len­de en aan­stoot­li­ke ge­drag teen­oor vroue nie ge­duld sal word nie om­dat dit nie deel van die u­ni­ver­si­teit se waar­des is nie.”

Fo­to: FE­ZE­KI­LE M­SI­MANG

Man­stu­den­te hou Dins­dag­aand aan­stoot­li­ke plak­ka­te vas in ’n uit­dun­ron­de van die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria se ser­rie­kom­pe­ti­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.