‘7de Laan’­om­ni­bus dán te­rug op Son­dae

Beeld - - Voorblad - Si­mon Son­ne­kus

Ná maan­de se af­we­sig­heid is die Son­dag-om­ni­bus van SABC2 se 7de Laan op 2 Ju­lie te­rug.

Die se­pie se om­ni­bus is in Fe­bru­a­rie van die pro­gram­roos­ter ge­haal en die SAUK het aan­ge­kon­dig die tyd­gleuf sal deur ’n fliek en ’n mu­siek­pro­gram ge­vul word.

7de Laan se daag­lik­se e­pi­so­de het ook van 19:00 na 18:00 ge­skuif.

Ro­sa-Ma­ri le Roux, woord­voer­der van 7de Laan, sê hul­le is ver­heug oor die nuus.

“Tal­le van ons ky­kers het maan­de lank na­vraag ge­doen oor die om­ni­bus en uit­ein­de­lik het ons goeie nuus om met hul­le te deel.

“Nou kan al die ky­kers wat nie kans kry om week­aan­de 18:00 7de Laan te kyk nie op ’n Son­dag­mid­dag op­vang,” sê Le Roux. Aan­han­gers van die se­pie het hul te­vre­den­heid op Fa­ce­book uit­ge­spreek.

“Dan­kie! Dan­kie! Ek kom te laat met die P­re­to­ri­a­se Moot se ver­keer by die huis om be­tyds te wees vir 18:00 en mis so­doen­de ’n deel van el­ke e­pi­so­de. Kan nou rus­tig raak en Son­dae weer ge­niet met die om­ni­bus. Net jam­mer ons moet so lank wag,” skryf Be­ni­ta Jur­gens Kru­ger.

Lu­cil­le S­teyn skryf: “Dan­kie tog. Moet asb. nou net nie weer die tyd in die aand ver­an­der nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.