A­fri­ka­ners, UP moet be­sin

Beeld - - Voorblad -

Die A­fri­kaan­se ge­meen­skap sal diep moet be­sin oor pre­sies wat­ter waar­des hy ver­teen­woor­dig en uit­dra. En hoe lank dit nog ver­duur gaan word dat ’n groep rand­fi­gu­re met kru op­tre­de – het­sy deur ras­sis­me, sek­sis­me of bla­tan­te walg­lik­he­de – dit voort­du­rend reg­kry om die ge­heel te de­fi­ni­eer.

A­fri­kaans­spre­ken­des praat gou van Chris­te­li­ke waar­des, A­fri­ka­ner­waar­des, kul­tuur­waar­des, his­to­rie­se waar­des en taal­reg­te. Maar dan word die ge­bruik van walg­li­ke en sek­sis­tie­se vloek­taal op plak­ka­te in die Tuks-se­re­na­de­kom­pe­ti­sie in eie ge­le­de­re ge­duld en toe­ge­laat.

Dit is ook kom­mer­wek­kend dat ’n lei­er van ’n vrou­e­kos­huis die ge­bruik pro­beer reg­ver­dig en af­maak as ’n grap. Dit al­les word ten reg­te of groot­liks ten on­reg­te deur som­mi­ge ge­bruik om die A­fri­kaan­se kul­tuur te de­fi­ni­eer. En wat is die ge­volg? Daar sit hul­le nou son­der die kom­pe­ti­sie waar­aan die stu­den­te baie hard ge­werk het.

A­fri­kaans­spre­ken­des moet be­sluit hoe hul­le die groep se po­si­tie­we waar­des wil uit­leef en sal gou en ge­na­de­loos moet op­tree teen dié in eie ge­le­de­re wat dit af­breek.

Ver­al ook waar dit ne­ga­tie­we op­tre­de is wat an­der taal­groe­pe – of be­lan­ge­groe­pe in eie ge­le­de­re soos vroue – aan­stoot kan gee. An­ders gaan am­mu­ni­sie voort­du­rend ver­skaf word aan die­ge­ne wat A­fri­kaans­spre­ken­des as die su­per­boos­wig­te van die pla­neet wil bly voor­stel.

Die sum­mie­re kan­sel­la­sie van die kom­pe­ti­sie se eind­ron­de is eg­ter ’n jam­mer­li­ke oor­re­ak­sie. Sang­kom­pe­ti­sies kan ’n groot brug­bou­er wees, soos die

Var­si­ty sing-koor­kom­pe­ti­sie vir u­ni­ver­si­tei­te reeds op te­le­vi­sie ge­wys het.

Ver­le­de jaar is die UP-mans­kos­huis So­nop se se­re­na­de­groep uit die kom­pe­ti­sie ge­laat om­dat al die deel­ne­mers wit was. Van­jaar het hul­le ’n in­klu­sie­we groep in­ge­skryf wat baie hard ge­werk en saam ge­groei het. Dit word nou saam met die bad­wa­ter uit­ge­gooi.

Die UP moet be­sin oor of hy nie in­speel in die be­weer­de draai­boek om die kam­pus van al­les van A­fri­kaan­se oor­sprong te stroop nie. Daar kan streng teen in­di­vi­du­e­le oor­tre­ders op­ge­tree word en ho­pe­lik ge­beur dit. Maar waar­om die voor­val ge­bruik as ver­sko­ning vir so­si­a­le in­ge­ni­eurs­we­se in Sow­jet­u­nie-styl?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.