Nt­le­me­za weer ge­fnuik

Aan­soek om te­rug te gaan werk toe met kos­te van rol ge­skrap

Beeld - - Nuus -

Lt.genl. Ber­ning Nt­le­me­za, ge­skors­te hoof van die Val­ke, die po­li­sie se e­li­te-een­heid, kan nie te­rug­gaan werk toe nie.

Reg­ter S­hei­la Mp­hahle­le het Nt­le­me­za se hof­aan­soek gis­ter in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria met kos­te van die rol ge­skrap.

Nt­le­me­za het die aan­soek in die drin­gen­de hof laat aan­hoor.

Hy het die hof ge­vra om te be­veel dat hy in die Val­ke se ge­bou in Sil­ver­ton, P­re­to­ria, toe­ge­laat moet word en dat hy sy plig­te as Val­ke­hoof mag op­neem ter­wyl sy ap­pèl nog nie af­ge­han­del is nie.

Nt­le­me­za het die aan­soek teen Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, lt.genl. Yo­li­sa Ma­ta­ka­ta, waar­ne­men­de hoof van die Val­ke, die He­len Suz­man-stig­ting en die or­ga­ni­sa­sie F­ree­dom Un­der Law in­ge­dien.

Nt­le­me­za het ge­vra om ’n be­vel dat M­ba­lu­la hom nie mag keer om met sy plig­te as hoof van die Val­ke voort te gaan nie.

Hy wou hê die hof moet die vier re­spon­den­te ver­bied om o­pen­ba­re ver­kla­rings te maak wat hom ver­ne­der, af­kraak, in die ver­leent­heid stel en on­der­myn.

Hy wou ook sy amp­te­li­ke voer­tuig en sel­foon te­rug­hê.

’n Vol­bank van die hoog­ge­regs­hof het op 17 Maart be­vind hy is nie ge­skik vir die pos as hoof van die Val­ke nie.

Nt­le­me­za moes sy pos in A­pril ver­laat na­dat die­self­de vol­bank op 12 A­pril ge­sê het sy be­vel van Maart bly van krag en word nie op­ge­skort deur e­ni­ge ap­pèlaan­soe­ke nie. Die hof het op dié da­tum ook ge­sê Nt­le­me­za moet sy pos ver­laat.

Die ap­pèl­hof hoor Nt­le­me­za se ap­pèl teen die hoog­ge­regs­hof se be­vel van 12 A­pril op 2 Ju­nie aan.

Mp­hahle­le het gis­ter in haar uit­spraak ge­sê dié be­vel is baie dui­de­lik.

Sy het ge­sê die vol­bank het be­vind Nt­le­me­za was on­eer­lik en on­eer­baar.

Die vol­bank het Nt­le­me­za se te­kort aan in­te­gri­teit uit­ge­wys en dat hy nie kan voort­gaan om ’n dag lan­ger in ’n o­pen­ba­re pos soos dié van die Val­ke-hoof te werk nie.

Nt­le­me­za moes die om­stan­dig­he­de hoe­kom sy hui­di­ge aan­soek dringend is dui­de­lik aan­ge­toon het.

Hy ont­vang wel sy vol­le sa­la­ris. Hy het nie daar­in ge­slaag om te wys hy sal erns­tig be­na­deel word as hy nie ’n mo­tor en sel­foon van die po­li­sie het nie.

Die saak is nie dringend nie en be­hoort om dié re­de van die rol ge­skrap te word, het Mp­hahle­le be­vind. ■ Adv. Na­zeer Cas­sim SC, na­mens M­ba­lu­la, het Woens­dag in die hof ge­sê Nt­le­me­za kry sy vol­le sa­la­ris.

Sy ap­pèl is op 2 Ju­nie. Die ap­pèl is oor twee we­ke. Maar hul­le (Nt­le­me­za) kom nou hier­heen om mags­po­li­tie­ke pun­te te pro­beer kry”. ■ Die hoog­ge­regs­hof het Na­thi Nhle­ko, des­tyd­se mi­nis­ter van po­li­sie, se aan­stel­ling van Nt­le­me­za as hoof van die Val­ke op 17 Maart ter­sy­de ge­stel.

Lt.genl. Ber­ning Nt­le­me­za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.