Mot­soe­neng mis­luk met aan­soek by tug­pa­neel

Beeld - - Nuus - Ren­eil­we Dhlud­l­hu en News24

Hlau­di Mot­soe­neng se po­ging om sy tug­ver­hoor deur ’n pro­ses voor die Kom­mis­sie vir Ver­soe­ning, Be­mid­de­ling en Ar­bi­tra­sie (KVBA) te laat on­der­vang, het gis­ter mis­luk.

Die voor­ma­li­ge SAUK-be­dryfs­hoof wou hê dié kwes­sie moes saam met an­der klag­te teen hom by die KVBA ge­han­teer word.

Adv. An­dy Be­ster, Mot­soe­neng se regs­ver­teen­woor­di­ger, het in die tug­ver­hoor in Jo­han­nes­burg ge­sê dié ver­hoor moet in een pro­ses in ’n KVBA-ver­hoor saam­ge­voeg word.

Mot­soe­neng word in die tug­ver­hoor daar­van aan­ge­kla dat hy die o­pen­ba­re uit­saai­er in on­eer ge­bring en die voor­waar­des van sy s­kor­sing oor­tree het deur op 19 A­pril ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie te hou.

Daar­op het hy die le­de van die tus­sen­tyd­se SAUK-raad leu­e­naars ge­noem.

Hy het ge­sê die par­le­men­tê­re ad hoc-ko­mi­tee wat die vo­ri­ge SAUKraad on­der­soek het, het meer pro­ble­me by die uit­saai­er ge­skep as wat hul­le wou op­los.

Mot­soe­neng het ge­sê K­rish Nai­doo, voor­ma­li­ge SAUK-raads­lid en lid van die tus­sen­tyd­se raad, het “on­der eed ge­lieg”.

Hy het gis­ter ge­lag el­ke keer wan­neer Nai­doo se naam ge­noem word.

Mot­soe­neng het ook op die me­di­a­kon­fe­ren­sie teen reg­ter An­dré le Gran­ge uit­ge­vaar en be­weer hy was be­voor­oor­deeld in die ar­beids­ge­skil van die so­ge­naam­de SAUK-agt om­dat sy vrou werk vir die reg­span wat dié agt af­ge­dank­te joer­na­lis­te ver­teen­woor­dig het.

Be­ster het gis­ter aan­ge­voer Mot­soe­neng het bin­ne sy reg­te op­ge­tree om­dat sy kon­trak wel vir be­skerm­de o­pen­baar­ma­king voor­sie­ning maak.

Adv. An­ton My­burgh, na­mens die SAUK, het ge­sê een ver­eis­te vir be­skerm­de o­pen­baar­ma­king is dat dit in goeie trou moet plaas­vind.

My­burgh het Mot­soe­neng van ver­tra­gings­tak­tiek be­skul­dig.

Mot­soe­neng wou hê adv. Na­zeem Cas­sim SC moet hom aan die pro­ses ont­trek om­dat daar nie we­der­syds op hom as voor­sit­ter van die tug­pa­neel oor­een­ge­kom is nie.

“Hy moet be­wys sy be­sluit om die KVBA te na­der is eer­lik, op­reg en son­der by­be­doe­ling.

“Wat hul­le reg­tig pro­beer doen, is om van u as voor­sit­ter ont­slae te raak en in ef­fek om hier­die tug­ver­hoor uit­ge­stel te kry,” het My­burgh aan Cas­sim ge­sê.

“Daar is ab­so­luut geen kans dat mnr. Mot­soe­neng die KVBA gaan oor­reed dié is ’n be­skerm­de o­pen­baar­ma­king nie.”

Cas­sim het be­slis hy sal met die tug­ver­hoor voort­gaan. Hy het dit tot Woens­dag uit­ge­stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.