Ge­hei­me stem oor Zu­ma ‘kwel ANC nie’

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Die ANC is nie be­kom­merd oor ’n ge­hei­me stem­ming in die mo­sie van wan­troue in pres. Ja­cob Zu­ma nie, het Jack­son Mt­hem­bu, die par­ty se hoof­sweep in die par­le­ment, gis­ter ge­sê.

Hy het ge­praat op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie by die par­le­ment oor die fi­nan­sie­ring van po­li­tie­ke par­tye.

“Dit is die min­ste van my be­kom­mer­nis­se in die par­le­ment. As ons be­kom­merd was, dink jy nie die ANC sou in die hof ge­wees het nie? Ons weet dié land het ’n par­ty­ge­ba­seer­de kies­stel­sel.”

Hy het by­ge­voeg dat die DA en EFF húl LP’s nooit sal toe­laat om bui­te hul par­ty­be­leid te stem nie.

“Laat die EFF-LP’s pro­beer om teen die EFF se be­slui­te te stem en laat ons sien wat ge­beur. Laat ’n DA-lid pro­beer om teen dié mo­sie te stem.

“Laat hul le­de teen dié mo­sie stem . . . die pop­pe sal dans!

“Die pop­pe het ge­dans in an­der vlak­ke van die re­ge­ring waar die DA in be­heer is. Men­se is as raads­le­de deur die DA ver­wy­der om­dat hul­le vir die ver­keer­de DA-lid ge­stem het, stry­dig met die DA se be­sluit. Dit is hoe die par­ty­po­li­tie­ke stel­sel in Suid-A­fri­ka werk.

“Jy kan dit nie op sy kop keer deur on­re­de­li­ke ei­se aan ANC-le­de te stel nie en jy stel nie die­self­de eis aan an­der par­tye nie,” het Mt­hem­bu ge­sê.

Top-ANC-amp­te­na­re het die kwes­sie van die wan­trou­e­mo­sie in Zu­ma ver­le­de week op die ANC se kou­kus­ver­ga­de­ring op die ta­fel ge­plaas.

Le­de van die kou­kus het vol­gens Mt­hem­bu daar­op ge­wys dat hul­le as LP’s deur die ANC in die par­le­ment ont­plooi is en daar­om kom hul man­daat van die ANC af.

“Die ANC se grond­wet sê die pre­si­dent van die ANC is ook die ANC se kan­di­daat vir staats­hoof. Dit kan nie om­ge­keer word deur ANC-le­de wat in die par­le­ment ont­plooi is nie.

“So, die ANC-le­de hier be­sef dui­de­lik hul­le kry hul po­li­tie­ke ge­sag van die ANC en nie an­ders­om nie.”

Die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof het ver­le­de week uit­spraak voor­be­hou in die UDM se aan­soek dat ’n ge­hei­me stem­brief toe­ge­laat word wan­neer die wan­trou­e­mo­sie in Zu­ma in die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring ge­de­bat­teer word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.