Vol­struis­ry af­ge­skaf

2 pla­se se be­sluit guns­tig ont­vang

Beeld - - Nuus - Eu­ge­ne Gun­ning

Vol­struis­ry is nou ta­boe op twee groot vol­struis­pla­se na­by Oudtshoorn, maar op ’n der­de plaas word dit nog toe­ge­laat.

Dié ak­ti­wi­teit en ook om op die vo­ëls te sit so­dat ’n fo­to ge­neem kan word, is baie ge­wild on­der toe­ris­te.

Vrae het eg­ter al ont­staan of dit die vo­ëls nie seer­maak nie.

Bil­ly En­gel­brecht, be­mar­kings­be­stuur­der van die Sa­fa­ri­vol­struis­plaas, het by na­vraag be­ves­tig dat vol­struis­ry­e­ry nie meer op die plaas toe­ge­laat word nie.

Die plaas be­staan al se­dert 1956 en het goed­keu­ring van die Eu­ro­pe­se U­nie dat vleis van die plaas na die bui­te­land uit­ge­voer mag word.

“Ons het tot on­langs toe­ge­laat dat som­mi­ge be­soe­kers, on­der­he­wig aan streng re­ëls en re­gu­la­sies, op ’n vol­struis kan sit so­dat ’n fo­to van hul­le ge­neem kan word.”

Be­soe­kers wat op ’n vol­struis wou ry, moes min­der as 60 kg weeg.

“Ons maat­skap­py het ’n be­sluit ge­neem wat die sit op vol­strui­se en die ry van die vo­ël heel­te­mal stop­sit.”

Be­soe­kers kan nou op ’n sleep­wa met sit­plek­ke ry wat deur ’n trek­ker ge­trek word. Die trek­ker ry dan baie na­by aan die vol­strui­se. Dit be­te­ken dat be­soe­kers baie na­by aan die vol­strui­se in hul kam­pe kan kom.

En­gel­brecht sê van die in­ter­na­si­o­na­le reis­a­gen­te het die sen­si­ti­wi­teit van vol­struis­ry en die sit op die vo­ëls on­der hul aan­dag ge­bring. Daar was reeds in­ter­na­si­o­naal ’n nei­ging om weg te be­weeg van by­voor­beeld ry op o­li­fan­te.

Tot dus­ver het En­gel­brecht­hul­le baie po­si­tie­we te­rug­voe­ring ont­vang.

Re­na­te Sa­mouil­han, be­mar­kings­be­stuur­der van die Kan­go­vol­struis­plaas, sê op dié plaas word vol­struis­ry en sit op die vo­ëls ook nie meer toe­ge­laat nie. Die te­rug­voe­ring wat hul­le se­dert­dien van be­soe­kers ont­vang het, is po­si­tief.

“In die in­ter­na­si­o­na­le toe­ris­me­ge­le­de­re is daar groot be­wust­heid van hoe die­re be­han­del moet word. Die ge­voel is dat hul­le nie be­na­deel moet word nie.”

Vol­gens haar was dit nie ’n mak­li­ke be­sluit nie, want die ry­e­ry was vir baie be­soe­kers die hoog­te­punt van ’n be­soek.

“Tog het ons be­sef dat, te­sa­me met die stren­ger be­dryfs­re­gu­la­sies, die wê­reld­wye nei­ging om die­re en vo­ëls so na­tuur­lik as moont­lik aan te hou en ten toon te stel ’n e­tie­se, po­si­tie­we en no­di­ge stap vir die toe­ris­te­be­dryf is.”

Johan Keller, be­stuur­der en me­de-ei­e­naar van die Hig­hga­te­vol­struis­plaas, sê men­se wat dit ver­bied, is oor­sen­si­tief. Hy het ge­waar­sku dat die be­dryf nie met sul­ke be­slui­te ska­de be­rok­ken moet word nie.

Dit word nog op dié plaas toe­ge­laat. Hig­hga­te be­staan al se­dert 1938. “Ons boer al vier ge­slag­te hier. Ons is baie sen­si­tief oor hoe ons die boer­de­ry be­dryf en die vol­strui­se han­teer.

“Ons het nog nooit ’n vol­struis seer­ge­maak nie en sal ook nie toe­laat dat dit ge­beur nie. Daar is in­ter­ak­sie tus­sen mens en dier.”

Hy het be­na­druk dat die be­dryf hul brood en bot­ter is. “Hoe­kom sal ons dan waag­hal­sig wees en ons naam ter spra­ke laat kom?”

‘‘ Ons het nog nooit ’n vol­struis seer­ge­maak nie en sal ook nie toe­laat dat dit ge­beur nie. Daar is in­ter­ak­sie tus­sen mens en dier. — JOHAN KELLER

’n Vol­struis­re­sies op die plaas Hig­hga­te ty­dens die KKNK in 2013. Fo­to: LIZA VAN DEVENTER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.