Vol­ler Leeu­kuil as leë Lof­tus wag op die Bul­le

Beeld - - Nuus - Ti­nus van S­ta­den

Die Leeu­kuil sal mô­re be­slis vol­ler wees as wat Lof­tus Vers­feld die af­ge­lo­pe na­week was.

In die Leeu­kamp word ver­wag dat tus­sen 35 000 en 40 000 toe­skou­ers na El­lis­park gaan op­ruk vir die Juk­skei-stryd teen die Bul­le.

Ver­le­de Sa­ter­dag was net so­wat 4 000 toe­skou­ers by die Su­per­rug­by-wed­stryd tus­sen die Bul­le en die High­lan­ders op Lof­tus.

Vol­gens Edgar Rathbone, die Leeus se fi­nan­si­ë­le be­stuur­der, is by­na 13 000 kaart­jies reeds teen Woens­dag­aand ver­koop. Dít sluit nie die sei­soen­kaart­jie- en lo­sie­hou­ers in nie.

“Die ge­tal waar­na ons dan eint­lik kyk – met die kaart­jies wat ver­koop is saam met die sei­soen­kaart­jies en lo­sie­hou­ers – is so­wat 25 000. Ons ver­wag dat tus­sen 35 000 en 40 000 men­se by die wed­stryd gaan wees,” sê hy.

Mô­re sal die eer­ste keer se­dert 21 A­pril wees dat die Leeus op El­lis­park speel.

Die vol­ste wat die sta­di­on tot dus­ver van­jaar was, was toe die Haaie teen die Leeus ge­speel het. Toe het on­ge­veer 38 700 men­se ge­kom na dié sta­di­on, wat ’n mak­si­mum ka­pa­si­teit van 62 000 het.

‘‘ Ons ver­wag dat tus­sen 35 000 en 40 000 men­se by die wed­stryd gaan wees. — EDGAR RATHBONE

Die kaart­jie­pry­se vir die wed­stryd wis­sel van R40 tot R150 elk.

Daar sal ook van 13:00 af bus­se wees wat toe­skou­ers van die Gautrein-sta­sie op Park­sta­sie na El­lis­park sal ver­voer. Ná die wed­stryd sal bus­se toe­skou­ers van 20:00 af te­rug­neem Park­sta­sie toe.

S­ha­nil Man­ga­roo, die Bul­le se be­mar­ker, sê hoe­wel daar nie ’n amp­te­li­ke on­der­steu­ners­groep is wat na El­lis­park sal gaan nie, heers groot be­lang­stel­ling in die wed­stryd wel in die Ja­ka­ran­da­stad.

On­der­steu­ners het gis­ter op ver­skeie Gautrein-sta­sies saam met die Leeus en die Bul­le se ge­luk­brin­gers, Mu­fa­sa en Bul­le­tjie, fo­to’s ge­neem om kaart­jies vir die stryd te wen. ■

Fo­to: FA­CE­BOOK

Die Bul­le en die Leeus se ge­luk­brin­gers, Bul­le­tjie en Mu­fa­sa, en van hul ra­sie­lei­ers het gis­ter op Gautrein­sta­sies fo­to’s saam met on­der­steu­ners laat neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.