‘Hen­ri se be­se­rings nie so erg as an­der’

Beeld - - Nuus - Ja­na B­rey­ten­bach

Die steek­wond van 10 mm diep wat Hen­ri van B­re­da die nag van die moord op sy ou­ers en broer op­ge­doen het, was ’n skerp teen­stel­ling met die “erns­ti­ge en do­de­li­ke kop­be­se­rings” van die res van sy ge­sin.

Die fo­ren­sie­se en me­die­se ken­ner dr. Ma­ri­an­ne Tie­mens­ma het gis­ter die dis­triks­ge­nees­heer van S­tel­len­bosch se be­vin­ding ge­staaf dat die be­se­rings aan Van B­re­da se arm en bors­kas self toe­ge­dien is.

Die won­de aan sy rug, kop en knieë is eg­ter nie self toe­ge­dien nie, het sy be­vind.

Tie­mens­ma het gis­ter in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad ge­tuig in Van B­re­da se ver­hoor weens die moord op sy ou­ers, Mar­tin en Te­re­sa, en broer, Ru­di, en po­ging tot moord op sy sus­ter, Mar­li.

Hy be­weer ’n in­bre­ker het sy ge­sin op 27 Ja­nu­a­rie 2015 in hul huis op die De Zal­ze-gholf­land­goed bui­te S­tel­len­bosch met ’n byl aan­ge­val en hom met ’n mes ge­steek.

Dr. Li­zet­te Al­bert­se, dis­triks­ge­nees­heer, het eer­gis­ter ge­tuig sy het Van B­re­da kort ná die moor­de on­der­soek.

Vol­gens haar ge­tui­e­nis het hy die be­se­rings op sy arm en bors­kas self toe­ge­dien.

Sy het Tie­mens­ma ge­vra om ook ’n ver­slag oor Van B­re­da se be­se­rings op te stel.

Tie­mens­ma het gis­ter ge­tuig wat haar tot die­self­de be­vin­ding as Al­bert­se laat kom het, is dat die won­de op­per­vlak­kig was, die sen­si­tie­we de­le, soos die te­pels, nie be­seer is nie en die won­de pa­ral­lel was.

Vir ’n slag­of­fer van ’n aan­val was daar te veel oor­een­stem­ming tus­sen die won­de en dit was op plek­ke wat mak­lik be­reik­baar is.

Ook gis­ter het sers. Jo­na­than O­lip­hant, ’n vin­ger­af­druk­ken­ner, ge­tuig hy het 53 vin­ger­af­druk­ke in die Van B­re­da-huis ge­kry.

O­lip­hant het ver­skeie de­le van die huis vir af­druk­ke deur­ge­soek.

Hy kon geen vin­ger­af­druk­ke aan die bui­te­mu­re vind nie.

As ie­mand oor die muur ge­klim het, sou daar te­kens daar­van ge­wees het, het hy ge­tuig.

Van B­re­da se reg­ter­duim­af­druk is op die lem ge­vind van die mes waar­mee hy be­weer die in­bre­ker hom ge­steek het.

Daar was drie af­druk­ke, maar die vin­ger­af­druk­des­kun­di­ge kon twee daar­van nie i­den­ti­fi­seer nie.

Daar is geen vin­ger­af­druk­ke ge­vind aan die byl waar­mee sy ou­ers en broer ver­moor is nie.

Adv. Su­san Gal­lo­way, staats­aan­kla­er, wou by O­lip­hant weet of dit moont­lik kon wees om vin­ger­af­druk­ke van die byl af te vee.

O­lip­hant het ge­sê dit is moont­lik.

Adv. Pie­ter Bo­tha, vir Van B­re­da, het aan O­lip­hant ge­sê om­dat Van B­re­da se af­druk­ke op die to­neel ge­vind is, is dit dui­de­lik dat hy nie hand­skoe­ne ge­dra het nie.

Hy het ge­sê ’n mens sou dan af­druk­ke op die byl ver­wag het om­dat die staat be­weer sy kli­ënt het vier men­se daar­mee aan­ge­val.

O­lip­hant het ge­sê hy kan nie be­spie­gel nie, maar het toe­ge­gee dat ’n mens af­druk­ke sou ver­wag het.

Hy het toe na ’n fo­to van die byl se hand­vat­sel ver­wys.

“As dit nie skoon­ge­maak was nie, sou daar af­druk­ke ge­wees het.”

Fo­to: JA­CO MA­RAIS

Die moord­byl en ­mes lê as be­wys­stuk­ke wat ge­bruik is in gis­ter se ge­tui­e­nis op ’n ta­fel in die hof. Op die ag­ter­grond sit Hen­ri van B­re­da met sy reg­span, ad­vv. Matthys Com­brink en Pie­ter Bo­tha (links na regs), voor hom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.