‘Ge­slaan, ge­skop en ge­gooi’

S­kok­stok was af­ge­ska­kel, hoor hof

Beeld - - Nuus - A­let van der Walt

Een van twee oor­le­de­nes is twee keer in die lug op­ge­tel en neer­ge­gooi. ’n Le­at­her­man-mes is na een ge­gooi. Hul­le is ge­skop en ge­slaan.

Dié ge­tui­e­nis is gis­ter in die rond­gaan­de hof in Parys ge­le­wer waar Boe­ta van der West­hui­zen (47), An­ton Log­gen­berg (50), kapt. Henk Prins­loo (47), Cor Log­gen­berg (20), Loe­die van der West­hui­zen jr. (19) en Mie­la Jan­sen van Vuur­en (23) weens die moord op Sa­mu­el T­jixa en Si­mon Ju­be­ba te­reg­staan.

Op 6 Ja­nu­a­rie 2016 het Boe­ta se pa, Loe­die sr., be­weer T­jixa en Ju­be­ba wou hom aan­val. Hy het die nood­knop­pie in sy plaas­huis ge­druk en meer as 40 men­se het hom te hulp ge­snel.

Johan Cil­liers jr., voor­heen self ’n be­skul­dig­de, het gis­ter ge­tuig hy het een van die twee mans op die plaas Swart­klip aan­ge­keer. Sy pa, ook Johan, en sus­ters­kind Ri­aan Swart het in ’n an­der bak­kie op­ge­daag. Ri­aan het die an­der man plat­ge­duik.

Loe­die jr. en Wi­kus van der West­hui­zen het ook daar aan­ge­kom. Loe­die jr. het een van die twee ge­klap en ge­vra wat sy (Loe­die se) ou­pa se hon­de daar maak. Die hon­de het die twee mans ver­moe­de­lik ag­ter­na­ge­sit, glo ná ’n kon­fron­ta­sie met Loe­die sr.

Ri­aan en Wi­kus het een van die mans ge­slaan en Loe­die jr. die an­der een, vol­gens Cil­liers met die oop hand.

Kort daar­na het Wi­an en M­ül­ler van der West­hui­zen op­ge­daag.

Ri­aan het een van die twee mans ge­skop, het Cil­liers ge­tuig. M­ül­ler het een twee keer op­ge­tel en op die grond ge­gooi.

Cil­liers sr. het die mans ge­roep en ge­sê hul­le moet die sla­ne­ry staak.

Toe daag Fa­nie en Johan Oost­hui­zen ook op. Fa­nie het een van die twee se arm ag­ter sy rug op­ge­buig en dié het ge­kla dat hy seer­kry.

Cil­liers het ge­tuig hoe on­der an­de­re Mie­la, Loe­die, Wi­kus en Wi­an die mans ge­skop het, op hul be­ne en een ook in die maag.

In kruis­ver­hoor het hy ge­sê hy het dalk ’n fout ge­maak en dat Mie­la nie ge­skop het nie.

Vol­gens adv. Ni­co D­rey­er het Mie­la bloed wat op hom be­land het toe hy een van die mans op­ge­tel het, af­ge­vee en sy be­ne gaan was.

Cil­liers het ge­tuig hy, sy pa en Ri­aan het daar­na ge­ry om­dat sy vrou, A­li­da, laat weet het daar is hon­de by die hul ska­pe.

Teen sterk ske­mer het hy te­rug­ge­keer en die twee mans op die grond sien lê. Hul­le het vir hom be­wus­te­loos ge­lyk.

Cil­liers het ge­tuig Wi­kus het twee keer ’n Le­at­her­man-mes na een van die mans ge­gooi. Hy kon nie sien waar die mes tref nie, want dit was al don­ker.

Hy het ge­sien hoe die twee mans op An­ton se bak­kie ge­laai word, maar hy is nie se­ker wie dit ge­doen het en of hul­le dit sag­kens ge­doen het nie.

Eer­gis­ter het Oc­kert van Zyl ge­tuig Prins­loo het ’n s­kok­stok teen die on­der­broek van een van die twee slag­of­fers ge­druk.

Gis­ter het adv. Hans de Bruin SC aan hom ge­sê die s­kok­stok was nie aan­ge­ska­kel nie.

Van Zyl het ge­sê hy weet nie of dit aan­ge­ska­kel was nie, maar die man het nie ge­re­a­geer toe Prins­loo dit teen hom ge­druk het nie.

Op ’n vraag van reg­ter Cor­né van Zyl het Van Zyl ge­sê hy het ook nie die ti­pie­se ge­luid ge­hoor wat met e­lek­tri­si­teit ge­as­so­si­eer word nie.

Van Zyl het in her­on­der­vra­ging deur adv. Ja­bu­la­ni Mo­lothwa, staats­aan­kla­er, ge­sê die groep mans was soos hon­de op ’n haas om in­lig­ting te pro­beer kry.

Vroe­ër het hy ge­tuig een van die twee slag­of­fers, die een wat naas­te aan die ka­juit ag­ter­op die bak­kie ge­lê het, was reeds dood.

Die an­der man, wat deur Prins­loo en Boe­ta on­der­vra is, het vir Van Zyl be­wus­te­loos ge­lyk. Hy het ge­rog­gel en nie ge­re­a­geer op die twee se vrae oor waar die “vuur­wa­pen” is nie.

Fo­to: A­LET VAN DER WALT

Oc­kert van Zyl

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.