‘Ek glo iets in die land loop skeef,’ sê Zu­ma

Beeld - - Nuus -

Dit is iets wat jy nie kan be­skryf nie, het pres. Ja­cob Zu­ma gis­ter oor die moord op Court­ney Pie­ters (3) ge­sê.

Hy het haar ou­er­huis in El­sies­ri­vier, Kaap­stad, be­soek.

“Dit (die moord) sê iets het in die sa­me­le­wing skeef­ge­loop. Dit is skok­kend dat ’n man ’n kind ver­krag en ver­moor in die huis waar hul­le ge­woon het,” sê Zu­ma.

“Men­se kan goed doen wat ’n mens nie ver­staan nie.”

Court­ney se lyk is Sa­ter­dag in die Ep­ping-ny­wer­heids­ge­bied ge­vind.

’n 40-ja­ri­ge man het Woens­dag op aan­klag van moord en ont­voe­ring en twee aan­klag­te van ver­krag­ting in die hof ver­skyn.

Zu­ma sê iets is ver­keerd in die land.

“Ek glo iets in ons land loop skeef. Die koers waar­teen kin­ders en vroue ver­moor en ver­krag word, is hoog.

“Hul­le word ver­moor deur men­se wat hul­le ken en ook men­se wat baie na aan hul­le is. Iets is ver­keerd.

“Ek het van­og­gend ge­sê SuidA­fri­ka­ners moet saam­staan teen ge­weld teen vroue en kin­ders. Ge­noeg is ge­noeg. Ons kan nie toe­laat dat dit ge­beur nie.”

Zu­ma het die po­li­sie­le­de wat Court­ney se saak han­teer het, oor die ko­le ge­haal.

“Toe die po­li­sie ge­vra is om te help, het hul­le die ma as ’n ver­dag­te be­han­del in plaas daar­van om die kind te vind.

“Ek gaan dié saak met die mi­nis­ter van po­li­sie be­spreek. Ek dink dit is be­lang­rik dat ek oor die op­tre­de van die po­li­sie praat.

“Die po­li­sie kon die lyk van die kind ge­vind het in­dien hul­le eers die huis deur­ge­soek het. Hul­le het nie ge­kom nie. Hul­le het nie ge­re­a­geer as­of dit ’n erns­ti­ge saak is nie.”

Ha­mish Ar­ries, ’n ge­meen­skaps­lei­er in El­sies­ri­vier, sê Zu­ma se be­soek wys dat hy ook ’n pa is.

“Ons as ge­meen­skap is ver­heug dat Zu­ma na El­sies­ri­vier ge­kom het. Hy het ge­wys dat hy em­pa­tie en deer­nis het. Jy kan op sy ge­sig sien dat hy ook ’n pa en ou­pa van kin­ders is.”

Bon­nie Plaat­jies van El­sies­ri­vier sê sy is baie bly oor Zu­ma se be­soek. “Nie­mand het ooit van El­sies­ri­vier no­ti­sie ge­neem nie. Die mis­daad­sy­fer is hoog hier en Zu­ma het kom wys dat men­se no­ti­sie moet vat. Ek vra dus vir Zu­ma dat iets aan die kin­der­moor­de ge­doen word.”

Fo­to: INEKE COET­ZEE

Pres. Ja­cob Zu­ma het dié ge­denk­plaat gis­ter saam met Court­ney se ou­ers, Ju­a­ni­ta Pie­ters en Aa­ron Fou­rie, by die voor­deur van die ge­sin se huis ont­hul.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.