Me­tro­rail­trein brand by sta­sie in P­re­to­ria

Beeld - - Nuus - Ü­gen Vos

Brand­be­stry­ders van vier sta­sies het gis­ter so­wat ’n half­uur lank ge­werk om ’n bran­den­de Me­tro­rail-trein by die Won­der­boom-sta­sie in P­re­to­ria in be­dwang te kry.

Die brand is teen vroeg­aand ge­blus, sê Johan Pie­ter­se van die Tsw­ha­ne-me­tro se nood­diens­te. Die nood­diens­te het 14 pas­sa­siers­wa­ens van die bran­den­de trein ont­kop­pel en die brand het uit­ein­de­lik net ses ge­raak.

Vol­gens Pie­ter­se moes die brand­weer eers ’n e­lek­trie­se ser­ti­fi­kaat van die Pas­sa­sier­spoor­a­gent­skap van Suid-A­fri­ka (Pra­sa) kry voor­dat hul­le aan die werk kon spring.

“Die ser­ti­fi­kaat is om die e­lek­tri­si­teit na die be­trok­ke spoor­lyn te sny. Jy moet ont­hou daar is 240 000 V wat daar­deur loop . . . so as ons net in­ge­spring en be­gin blus het, sou baie men­se baie erns­tig be­seer of selfs dood ge­wees het.”

Drie wa­ter­tenk­wa­ens is ge­bruik om die brand te blus.

Vol­gens Pie­ter­se doen ge­rug­te die ron­de dat die trein op­set­lik aan die brand ge­steek is.

Niks is tot dus­ver be­ves­tig nie en Pra­sa sal die oor­saak van die brand moet on­der­soek, sê hy.

To­ny Ga­mes, Pra­sa-woord­voer­der, se sel­foon was gis­ter­aand af­ge­ska­kel en hy kon nie teen druk­tyd vir kom­men­taar be­reik word nie.

Die bran­den­de trein by die Won­der­boom­sta­sie in P­re­to­ria.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.