4 vroue vas ná hul­le met leeu­de­le be­trap is

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Vier vroue van Lim­po­po is ag­ter tra­lies na­dat die po­li­sie hul­le met kop­pe, po­te en vel­le van leeus be­trap het.

Lt.kol. Mo­ats­he N­goe­pe, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po, sê die vroue is Woens­dag om­streeks 21:00 in Prak­ti­seer na­by Gro­blers­dal in heg­te­nis ge­neem.

Die po­li­sie het op twee kop­pe, agt po­te en vel­le be­slag ge­lê.

Een kop was blyk­baar dié van ’n leeu­wel­pie. N­goe­pe sê die vroue kom van Le­bo­wak­go­mo, P­ha­la­bor­wa en Tu­bat­se. Dit is nog on­dui­de­lik waar hul­le aan die lig­gaams­de­le ge­kom het.

Die po­li­sie in Lim­po­po moet se­dert ein­de 2016 be­hoor­lik bont­staan soos leeus op wild­pla­se af­ge­maai word.

Ver­skeie leeus is al bui­te T­za­neen, Gro­blers­dal, Be­la-Be­la (Warm­bad) en Mo­ko­pa­ne (Pot­gie­ters­rus) gif in­ge­gee voor­dat hul kop en po­te af­ge­kap is.

N­goe­pe sê die vroue sal na ver­wag­ting van­dag in die land­dros­hof in Gro­blers­dal ver­skyn.

Hy sê ook daar is ’n toe­na­me in ge­val­le in Lim­po­po waar don­kies vir hul vel dood­ge­maak word. “Ons doen ’n be­roep op ei­e­naars van don­kies om te sorg dat hul die­re vei­lig is.”

Ver­le­de week is daar op 2 921 don­kie­vel­le in ’n ver­se­ël­de krat op ’n hoe­we in Be­no­ni be­slag ge­lê.

Lu­vu­yo M­fa­ku, woord­voer­der van die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG), sê die don­kie­vel­le sou moont­lik na C­hi­na uit­ge­voer word.

Die po­li­sie en die Na­si­o­na­le Die­re­be­sker­mings­ver­e­ni­ging werk land­wyd saam om die pro­bleem te be­kamp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.