Ka­poet kus­sing­voet

Beeld - - Nuus -

Uit soos ’n kers . . . Dié leeu­man­ne­tjie is ver­le­de week van die pri­va­te wild­re­ser­vaat An­dBeyond P­hin­da in K­waZu­lu­Na­tal na die Somk­han­da­re­ser­vaat in dié pro­vin­sie ver­skuif. Die pro­jek, wat deur Wild­lands, Em­po­wers A­fri­ca en an­der groe­pe on­der­steun word, is deur die do­ku­men­tê­re rol­prent B­lood Li­ons ge­ïn­spi­reer. Die leeus word eers in ’n af­ge­sper­de ge­bied ge­hou so­dat hul­le aan hul nu­we om­ge­wing ge­woond raak voor­dat hul­le in die re­ser­vaat van 30 000 ha vry­ge­laat sal word. Leeus het voor­heen na­tuur­lik hier voor­ge­kom, sê Da­vid Gil­roy, Wild­lands se stra­te­gie­be­stuur­der. Na­thi Gum­bi van die Gum­bi­stam en Wild­lands se stra­te­gie­be­stuur­der vir ge­meen­skaps­be­trok­ken­heid in die noor­de van K­waZu­lu­Na­tal sê die ge­meen­skap ver­wel­kom die leeus. Dit skuif die fo­kus na op­los­sings om leeus se toe­koms te ver­se­ker, sê Gum­bi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.