Dar­ren S­cott ‘wil pret hê’

Mu­siek, rugby, goeie da­de op speel­lys

Beeld - - Nuus - Ru­an Bru­wer

Die ra­di­o­aan­bie­der Dar­ren S­cott sê hy wil die luis­te­raars se dag met ’n glim­lag laat af­sluit wan­neer hy van 3 Julie af op week­dae van 16:00 tot 19:00 Just Plain Dri­ve van OFM aan­bied.

Hy ver­vang An­dré Kunz, wat na Jo­han­nes­burg ver­huis.

S­cott sê hy wil pret op die lug hê, iets wat hy be­stem­pel as ’n ver­eis­te wan­neer hy die a­tel­jee in­stap.

“Daar is so baie wat hier en el­ders in die wê­reld ge­beur wat ’n mens deur die dag kan drei­neer. As jy wil ont­snap en lag, luis­ter!

“Be­ne­wens goeie mu­siek, wat deur­slag­ge­wend is, sal ek van my ou guns­te­lin­ge, soos The Rugby Pa­nel, en ge­meen­skap­s­i­ni­si­a­tie­we, soos Wing­zOfC­han­ge, in die pro­gram ge­bruik,” sê S­cott.

Hy is ’n deur­win­ter­de ra­di­oom­roe­per en het by ver­skeie ra­di­o­sta­sies ge­werk, waar­on­der E­ast Co­ast Ra­dio, Ja­ca­ran­da FM en 5FM.

Hy sal voort­gaan met sy ont­byt­pro­gram, Jo­burg’s Hot­test Bre­ak­fast, op Hot 91.9 FM.

Hy is on­langs met ’n MTN- en ’n Li­ber­ty-ra­di­o­p­rys as bes­te aan­bie­der van ’n ont­byt­pro­gram be­kroon. Die pro­gram self is ook al­bei ke­re be­kroon.

S­cott was lank ’n aan­bie­der op Su­perS­port, hy het Bal­lz Ra­dio be­gin en tree dik­wels as se­re­mo­nie­mees­ter op.

“Ek was be­voor­reg om die af­ge­lo­pe so­wat 30 jaar by van die bes­te sta­sies in die land te werk. Toe die ge­leent­heid by OFM op­duik, kon ek dit nie weer­staan nie.”

S­cott was die af­ge­lo­pe ses jaar meest­al om die ver­keer­de re­des in die nuus. In dié tyd het hy by Su­perS­port en Ja­ca­ran­da 94.2 be­dank na­dat hy ’n kol­le­ga die k-woord toe­ge­snou het. ’n Voor­ma­li­ge ven­noot het hom ook vir R4 mil­joen ge­dag­vaar (hul­le het ge­skik).

Hy en sy oud­ste seun, Mark (6), het ook al­bei kan­ker ge­had.

Kan­ker is vir die eer­ste keer in 1987 by hom ge­di­ag­no­seer.

“Ek het in No­vem­ber ’n skan­de­ring ge­had en dit het geen ge­was­se ge­toon nie,” sê hy.

Dar­ren S­cott

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.